Hou Styf Vas Aan Hoop

Niks wat God doen word in ‘n vakuum en sonder ‘n doel gedoen nie. Niks nie! Alles wat Hy doen het ‘n plan, doel en oogmerk. Selfs alhoewel ons weet dat God volkome in beheer is, is dit ook in orde om te vra: “Vader, wat doen U?”

Hoop teen Alle Kanse

Die wêreld was in donkerte en die harte van mense was gerig tot euwel. Van die begin af het God beloof om iemand te stuur wat die mensdom sou red en hulle sou herstel tot ‘n plek van koningskap en priesterskap voor God. Die jare het verbygegaan en sommige mense het hoop opgegee dat Israel gered sou word. Ek is seker dat sommige mense ook diegene wat steeds hoop gehad het gespot het, terwyl ander die God van Israel vergeet en na ander gode gedraai het.

Daar was egter ‘n minderheid mense wat teen alle kanse aan hoop vasgehou het, geglo en gewag het. Selfs terwyl hul sterflike liggame verswak het, het hulle getrou daardie geloof en hoop aan hulle kinders en die kinders na hulle geleer.

Die Resultaat van Hoop

Simeon was een van die Israeliete wat aan hoop vasgehou het en sy oë het die Messias gesien. Baie keer wanneer ons wag vir iets om waar te word, spandeer ons tyd deur te droom hoe dit sal wees en wat ons sal doen. Ek wonder wat Simeon gedink het hoe hierdie oomblik sou wees? Maak nie saak watter drome of hoop ons het nie, daar is slegs een ding wat ons kan doen wanneer ons in ons Verlosser se teenwoordigheid staan. Ons reageer met nederigheid, ontsag van God en lofprysing vir sy verbondshoudende karakter.

Ons weet nie hoeveel keer Simeon ander geleer het oor die verlossing van Israel nie. Daar mag dalk selfs oomblikke gewees het wat hy getwyfel het dat dinge gaan verander, veral wanneer hulle verdrukkers swaar teenoor hom opgetree het. Maar ek kan jou verseker dat die oomblik wat Hy die klein gesig van sy Verlosser gesien het, die wag alles die moeite werd gemaak het.

Volhard in Hoop

Ek weet nie waar jy reg nou is of wat jou huidige situasie is nie. Ek weet nie hoe lank jy al wag vir iets van God af nie: ‘n kind, ‘n werk, ‘n eggenoot, die verlossing van jou familielede of vriende, genesing, ‘n verandering in jou finansies of ‘n bevordering. Wat ek wel weet is dat God betroubaar is. Hy doen altyd wat Hy sê Hy sal doen, so hou aan hoop, vertrou en glo dat wat God aan jou gesê het en belowe het, sal gebeur.

Kersfees is bewys dat God gebed beantwoord en sy Woord nakom. Jesus het gekom en daar is niks wat Hy nie vir ons sal doen in ooreenstemming met sy Woord en beloftes nie. As Hy dit sê, sal Hy dit doen. Hou soos Simeon vas aan hoop totdat jy die bron van jou verlossing, Jesus Christus sien.

Ek bid dat hoop lewend sal word in jou hart en dat sy waarheid voortdurend die lig sal wees wat jou lei. Amen.

Shalom,

 

 

 

 

 

 

 

Ebos

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs