Hoe om verstandig te leef

Hoe om verstandig te leef

Deur Jen / 27 September 2019 / Ester

 

Vandag se vers kom uit Efesiërs 5. Ek dink nou al vir ‘n rukkie oor die vers na en ek wil graag die volgende met julle deel.

Efesiërs 5:15 sê “Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.”

Hoekom moet ons verstandig lewe? Paulus sê vir ons in vers 16, “want ons lewe in ‘n goddelose tyd.”

Daar was baie onheil in Ester se tyd… net soos daar vandag ook is. Hierdie week word Ester geroep na die hof van ‘n koning wie se leefstyl buitensporig en luuks is. Ons sal dit duidelik sien wanneer ons bestudeer hoe hy te werk gaan om ‘n nuwe koningin te soek. Ester sal moet lig loop en baie verstandig lewe om haar mense te red.

Wanneer dit by onheil kom is ons kultuur nie veel anders nie. Jy kan nie die TV aansit sonder om van die aaklige goed wat in die wêreld gebeur, te sien nie. Party van dit is hartseer en ander is skrikwekkend. Ek is ook positief dat daar onheil in ons eie tuisdorpe is, of jy nou in ‘n klein dorpie woon of in ‘n groot stad. Onheil is oral.

Paulus herinner ons om versigtig te lewe, omdat daar sondes en onheil in die wêreld is.

Hoe kan ons dan ons kultuur, waarin daar soveel onheil is, betrek? Hier is ‘n paar punte wat ons sal help om oor ons kultuur na te dink.

Verwerp wat sleg is.

Daar is baie verskriklike dinge in ons wêreld. Onheil soos mensehandel, pornografie en rassisme is ‘n paar wat voor die hand liggend is. Maar daar is ook ander wat nie so opsigtelik is nie. Materialisme, ontevredenheid, selfsugtigheid, luiheid en geregtigheid is ook van die euwels wat ons moet verwerp en teen baklei.

Neem dit wat goed is aan

Daar is baie skoonheid en waarheid in hierdie wêreld. Alle mense is na die beeld van God geskape, wat aan elke mens waarde en betekenis gee. Kreatiwiteit is een van die karaktereinskappe wat ons het omdat ons in God se beeld geskape is. Daarom kan ons wonderlike musiek en kunswerke waardeer. Ons kan ook humanitêre veldtogte, ramphulp, lukrake goedhartigheid en baie van die feeste wat ons gemeenskappe aanbied, ondersteun.

Herbou wat gebroke is

Daar is sommige goed in ons kultuur wat gebroke is wat ons nou moet herbou. Dinge soos die onderwysstelsel, die regering, families en huwelike, mense se lewens en woonbuurte, om maar net ‘n paar te noem.

Die wêreld is ‘n gevaarlike plek, maar ons is hierheen gestuur. Alhoewel ons nie die wêreld as ons tuiste moet beskou nie, moet ons hier wees, maar ons is nie van hier af nie… en dit verg wysheid. Dieselfde wysheid wat Ester nodig gehad het om die Jode te red.

Kyk na Hom,

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse