God is nie Klaar nie
Crystal Stine
Ag, Here, luister tog na die gebed van u dienaar en na die gebed van u dienaars, hulle vir wie dit ‘n vreugde is om u Naam te eer. Laat my tog voorspoedig wees met wat ek vandag wil doen. Laat hierdie man my simpatiek gesind wees.” – Nehemia 1:11
In sport gaan professionele spanne dikwels deur, na wat algemeen verwys word as ‘n ‘herbou periode’. Dit volg dikwels op ’n string nederlae, veral wanneer veteraan spelers vervang word met jonger, onervare spelers in die hoop dat hulle eendag sal groei tot iets beter, selfs beter as wat verwag word. Dit is ‘n stadige proses wat gewoonlik vir ‘n rukkie nog baie mislukkings insluit, totdat die spelers volwasse is en hulself bewys het.
Die lewe voel tans soos ‘n herbouseisoen. Veteraan-werknemers by die werk beweeg aan na nuwe dinge en laat leemtes en bykomende verantwoordelikhede terwyl ons na plaasvervangers soek wat ons kan help om na iets beter te werk, selfs beter as wat ons verwag. By die huis beteken die lewe met ‘n amper-tiener dogter die verlies van die dogtertjie waaraan ons gewoond was, wat vinnig vervang word deur ‘n jong vrou, vol kreatiwiteit, humor, vriendelikheid en dikwels ‘n paar oë wat rol. Terwyl ons probeer om ons nuwe normaal te vind om haar groot te maak om ‘n vrou te wees wat God baie lief het, probeer sy om oorweldigende emosies, vriendskappe en baie nuwe ervarings te bestuur.
Ek bevind myself dikwels dat ek ongelooflik ongeduldig voel in seisoene soos hierdie, wat onvermydelik my Tipe-A deurdrukker persoonlikheid na vore bring. Ek begin beplan. Ek het agendas, moet doen lysies, verwagtinge van wat moet gebeur en wanneer hierdie vernuwings moet eindig. Ek koop boeke om meer te probeer leer. Ek luister na potgooie dan voel ek nie heeltemal so alleen nie. Ek soek maniere om stelsels en planne te beraam om die verandering minder pynlik en doeltreffender te maak. En dan is ek verbaas wanneer dit oneffektief is.
Ons Skrifgedeelte in Nehemia vandag neem ons terug na die begin van ons studie en gee vir ons ‘n pragtige prentjie oor hoe ‘n herbouseisoen werklik moet begin: met gebed.
Wanneer Nehemia verneem dat die poorte rondom Jerusalem verbrand en die muur afgebreek is, is sy reaksie nie om reg in eie hande te neem, of selfs sy posisie as die koning se skinker te misbruik nie. In die aangesig van verwoestende nuus, treur Nehemia, vas en bid. As ‘n man van geloof weet Nehemia dat geen planne van sy eie ooit suksesvol sal wees tensy dit ooreenstem met die wil van God nie, daarom gaan hy eers na God in gebed. Gebed is nie sy laaste uitweg nie – dit is sy prioriteit.
Die gedeelte wat ons vandag lees, kom aan die einde van ‘n lang gebed van Nehemia wat vir ons ‘n pragtige voorbeeld gee van hoe en wat om te bid wanneer ons ons eie herbouseisoen in die gesig staar. Nehemia se gebed volg die A.B.D.S. gebedsmodel, eintlik perfek:
Aanbidding: Nehemia begin sy gebed deur God te eer met liefdevolle, opbouende woorde wat God se karakter en belofte-houdende natuur erken.
Belydenis: Voordat hy vir God iets vra, bely Nehemia nie net sy sondes nie, maar ook die sondes van alle Israeliete, toon berou en herinner God aan Sy belofte om hulle te vergewe.
Danksegging: Hierdie een is nie so voor die hand liggend nie, maar deur die herinnering aan wie God is, wat Hy gedoen het en die beloftes wat Hy gemaak het, bid Nehemia met ‘n gesindheid van dankbaarheid.
Smeking: Dit is eers aan die einde van sy gebed dat Nehemia vir enigiets vra—in hierdie geval, sukses en deernis terwyl Nehemia met die koning oor die herbou projek gepraat het.
Een van ons kernwaardes by die werk is dat ons God se planne hoër ag as ons planne. Wanneer ons kommunikasie met God bo ons eie beplanning prioritiseer, kan God die gawes wat Hy ons gegee het gebruik om meer te doen in daardie herbouseisoene as wat ons ooit sou kon vra of onsself kon indink. Op ons eie kan ons ‘n mate van sukses sien, maar met God is alle dinge moontlik.
God is nie klaar met die herstel en herbou van sy mense nie. Soos Nehemia, weerspieël jou getroue leierskap die getroue, betroubare leierskap van God. En Hy sal by jou wees, elke tree van jou pad.