God Herstel

God Herstel

Crystal Stine

“Verander tog ook nou ons lot, Here,

soos U droë spruite in die Suidland

in waterstrome verander.

Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.

Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra,

hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.” Psalm 126:4–6

Een van my gunsteling dele van die Advent seisoen is die tyd wat ons spandeer om te bepeins. Ek kom agter dat ek myself tydens Desember en die weke voor Kersfees in ‘n konstante toestand van oordenking bevind. Soos die jaar tot ‘n einde kom, onthou ek alles wat in die afgelope elf maande gebeur het. Soos Kersfees naderkom, onthou ek my gunsteling vakansie-oomblikke van jare gelede asook betekenisvolle geskenke en tradisies waaroor ek my verheug het.

Hierdie bewustelike daad van onthou is hoe vandag se Psalm begin. Psalm 126 is deel van die reeks Psalms wat die “Pelgrimsliedere” genoem word (Psalm 120–134) en alhoewel geleerdes verskil oor presies wanneer en hoekom dit gebruik is, is dit die samestelling en algehele vreugdevolle toon wat die meeste laat glo dat dit feesliedere van een of ander soort was. Psalm 126, spesifiek, word steeds tradisioneel na etes deur die Joodse volk gebruik asook om feesdae te vier vanweë sy twee hooftemas: vreugde en verlossing.

Wanneer ons in ‘n seisoen van afwagting is, is die herinneringe van vreugdevolle tye dalk nie die eerste gedagtes wat by ons opkom om tyd te verwyl nie. Ek vind gewoonlik dat ek wissel tussen alles in my vermoë doen om geduldig te bly aan die een kant en verveeld en rusteloos raak aan die ander kant. Dan probeer ek uitvind of daar iets is wat ek kan doen om dinge te bespoedig. Ek gee jou een raaiskoot oor hoe dit vir my afgeloop het.

Maar stel jou voor hoeveel beter die wagtydperk sou wees as ons eerder ons tyd bestee het om oor vreugde na te dink. Ons kon die oomblikke herleef van hoe God ons so verras het dat ons nie anders kon as om te lag nie. Ons kon stories deel van tye toe ons vreugde net moontlik was as gevolg van iets wat God gedoen het en die impak wat dit op diegene rondom ons gemaak het. Ons kan ons wagtydperk spandeer om God die eer te gee vir alles wat Hy in ons lewens gedoen het, selfs al bid ons en vertrou op Hom om dit weer te doen.

God het Sy mense lief, en Hy sal Sy beloftes nakom. God sal herstel. Hy sal vreugde bring aan dié wat treur. Daar sal ‘n oestydperk wees vir diegene wat geduldig en liefdevol saai. Daardie uitroepe van blydskap word nie net gevind in die dinge van die verlede wat God reeds gedoen het nie. Hulle word ook aan ons belowe, gevind in wat God tans doen en wat Hy in die toekoms sal doen.

Mag ons ons oë gefokus hou terwyl ons wag vir Kersfees en vir Christus se wederkoms, op die Een wat vir ons vreugde gebring het, die Een wat ons vreugde is, en die Een wat vreugde en herstel vir Sy mense belowe. Die geskenk van vreugde hierdie Advent seisoen sal nie toegedraai in blink papier, of aan die einde van ‘n lang lys vakansie tradisies gevind word nie. Ons blydskap kom van die Here – en Hy het dit aan ons belowe!

Week 3 Uitdaging:

Vreugde kom nader. Hierdie week fokus ons daarop om getrou te wag op die wederkoms van Christus. Sy wederkoms sal ons gebrokenheid genees en alles nuut maak. Hy is die God wat herstel. Wat het jy nodig dat God in hierdie seisoen van jou lewe herstel? Hoe sal jy verwagtend en met vreugde wag terwyl jy voorberei vir Hom om dit te doen?

Week 3 Leesplan:

Week 3 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse