Geteken, Verseël, Vervul

Geteken, Verseël, Vervul

Lyli Dunbar

In die 1970’s het ‘n Amerikaanse musikale genie genaamd Stevie Wonder ‘n treffende deuntjie vrygestel met die titel “Signed, Sealed, Delivered”. Die titel van die lied is geneem uit ‘n wetlike term vir die kontraktuele akte wat die geldigheid van ‘n afgehandelde besigheidstransaksie aandui. ‘n Formele titeldokument is deur die verkoper onderteken en toe in was verseël en aan die eienaar afgelewer. 

In Hoofstuk 2 van die Evangelie van Johannes begin Jesus sy openbare bediening deur die tempel binne te gaan om die werk te begin wat God Hom aangestel het om hier op aarde te doen. Hy staan formeel in God se huis voor die godsdienstige amptenare en verklaar openlik “Ek is hier” – geteken, verseël en binnekort vervul.

Die Bybelse rekord is duidelik: ons is met ‘n prys gekoop. In die tuin, toe Adam en Eva deur sonde besmet geraak het, het God verklaar dat sy nageslag die kop van die slang sou vermorsel en ons as sy eie sou opeis (Genesis 3:15). Christus het sy bloed gestort om ons van die dood te verlos.

God se plan vir Jesus om sy lewe af te lê om die losprys vir ons sonde te betaal en aan die kruis te sterf, is reeds volbring en die vyand weet hy het geen aanspraak op diegene wat hul geloof in Christus stel nie. Ons behoort aan God.

Dit is hoekom Jesus gekom het. Hy het gekom om nie net die tempel te reinig nie, maar om ons almal van sonde te reinig en ons van veroordeling te verlos. Destyds het die dissipels nie die tekens herken en die Messias gesien nie, maar na die opstanding het die Heilige Gees hulle begrip wakker gemaak. Eers in nabetraging het die mense wat die naaste aan Jesus was,  die waarheid gesien. As gevolg van sy ywerige liefde vir ons het Jesus toegelaat dat Hy aan sy beskuldigers oorgelewer word. Sy offergawe het sonde, dood en veroordeling oorwin en vir ewig ons verlossing verseël.

Ongelukkig erken nie almal Jesus as hulle verlosser nie. Verblind deur trots kon die Joodse leiers nie die ooglopende teken herken nie. Jesus Self was die teken wat van God gestuur is en voor hulle gestaan het:

  • Hulle het nie daarin geslaag om die reinheid van Christus te sien wat gekom het om sy bloed te stort vir diegene wat in sonde verlore is nie. God het sy Seun wat geen sonde gehad het nie, die sondes van die mensedom  laat dra om ons almal te red. (2 Korintiërs 5:21)
  • Hulle het geweier om te aanvaar dat Jesus die Paaslam is. Christus was die offerlam wat hulle so broodnodig gehad het om van sonde gereinig te word en vrede met God te hê. (1 Korintiërs 5:7)
  • Hulle het gestruikel en versuim om te glo dat Christus die Hoofhoeksteen van die tempel was, die enigste Een wat hulle van skaamte kon red. (1 Petrus 2:4-8)

Toe Jesus gesê het: “Breek hierdie tempel af en oor drie dae sal Ek dit weer oprig,” het Hy die Goeie Nuus van verlossing aan ons almal verkondig. Ons hoef nie meer na tekens te soek of te wonder of God ons in die hemel sal ontvang wanneer ons sterf nie. Ons Verlosser het gekom. Jesus het die gewig van ons sonde tot by Golgota se kruis gedra en drie dae later is Hy opgewek. Die dood is op daardie dag oorwin en ons word nie meer veroordeel vir ons sonde wanneer ons ons geloof in Christus plaas nie. As gevolg van Jesus beskou God ons as rein en heilig. 

Vriendin, as jy bely dat Jesus jou Verlosser is en Hom vra om jou sondes te vergewe, is jy vry. Die skuld wat jy verskuldig is, is onderteken as “ten volle betaal”. Jy is verseël deur die Heilige Gees en aangestel om goeie werke te doen. Jy is verlos van alle veroordeling.

Ons ewigheid is sekuur omdat ons ‘n Verlosser het wat ywerig vir ons siele geveg het. Elke oggend wanneer ons opstaan om die dag te groet, laat ons onthou dat die Seun van God ons kom red het. Toe Jesus opgewek is, het ons lewens vir altyd verander. Die dood is oorwin en ons regverdigmaking met God is onherroeplik. Nou kan ons twyfel en vrees opsy skuif en lewe om die Goeie Nuus van verlossing te deel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse