Geskep hiervoor

Geskep hiervoor

Soms sê ek grappenderwys dat, as dit nie vir my verhouding met God was nie, ek heel gelukkig sou wees om in ‘n huis met groot, hoë mure rondom te woon en nooit iemand binne te laat nie.

Jy het reg geraai, ek is ‘n introvert.

Ek het in my laat tienerjare ‘n Christen geword. Die onderskeid in my lewe en vriendskappe tussen my lewe ‘voor’ en ‘na’ Christus is onvergeetlik en baie duidelik.

Al my verhoudings ‘voor Christus’ het oor my gegaan, en ek was nooit tevrede nie. Dit was nooit genoeg nie.

Die meeste van my verhoudings ‘na Christus’ word gekenmerk deur my eie verhouding met God, deur diens, opoffering en liefde. Alhoewel, niks hiervan kom uit my eie nie, maar eerder van die skepper van verhoudings, God self.

Vir God is verhoudings belangrik. Heel aan die begin, nog voordat die aarde geskep, gevul, gestalte gegee en lewe gekry het, was God reeds in gemeenskap. Genesis 1:2 sê: “Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.” Johannes 1:1 sê: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God.”

God bestaan ​​en funksioneer binne en buite gemeenskap – Hy is die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

Toe Hy die aarde geskep het, die mens op die sesde dag, het Hy gesê: “Kom ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld …” (Genesis 1:26).

Gelukkig het God nie sy koninkryk in die hemel met hoë, dik mure omhein en almal buite gehou, doodgelukkig om alleen te bestaan nie. Ek is na sy beeld geskape, maar dankie tog, God is nie naastenby soos ek nie.

Die Here weet hoe soet gemeenskap is, en in sy liefde en genade wil Hy nie hê dat ons geïsoleer en alleen moet lewe nie.

Maar vriendskap kan so moeilik voel!

Vriendin, ek weet. Jy is al voorheen seergemaak en huiwer om weer kwesbaar te wees.

Soms voel ons dat ons nooit weer kan vertrou nie, dus hou ons ons afstand. Ons hou van die idee om hegte vriendskappe te hê; ons woon kerkdienste en -programme by, kleingroepe en Bybelstudies. Maar die waarheid is dat ons nooit werklik volledig vriendskappe bou nie, met die goeie en die slegte wat ons meebring.

Maar dit is die moeite werd.

O wee, dit is die moeite werd.

Weet jy hoekom?

Omdat ek en jy hiervoor geskape is.

Selfs al voel dit op die oomblik onmoontlik, kan ons ‘n ware, lewegewende vriendskap aangaan. Wat ‘n lang seisoen van ‘n wêreldpandemie, aanlyn-kerkdienste, en om nie die lewe te leef soos ons dit ken nie, nie waar nie? Ons voel miskien dat ons geen energie oor het om in enigiets anders te belê as om soggens uit die bed op te staan ​​nie.

Ek wil jou vandag daaraan herinner en bemoedig: jy kan dit doen.

Jy het reeds alles wat jy nodig het in en deur ons Here en Verlosser, Jesus Christus.

Soos ons belê in ons eie persoonlike verhouding met God, word ons aan sy karakter herinner, en kan ons nie anders as om dit met ander te deel nie.

1 Johannes 1:3 sê: “Hom wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan júlle, sodat julle aan ons gemeenskap deel kan hê. En die gemeenskap waaraan ons deel het, is dié met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus.

Jy, vriendin, het gesien en gehoor. Jy het geproe en gesien dat die Here goed is, en jy het ‘n ongelooflike getuienis van sy trou en redding.

Ons is geroep om dit aan ander te verkondig – om dit met ander te deel en hulle na die Here te wys, sodat hulle ook gemeenskap met Hom kan ervaar. En in dit alles moet ons gemeenskap met mekaar deel.

Wat ‘n wonderlike, ‘omgee-God’ dien ons nie! ‘n God wat sê dat dit nie goed is dat ons alleen moet wees nie, en ‘n behoefte aan vriendskap in ons DNA geplant het, sodat ons sy beeld kan dra.

Kom ons loof Hom vandag vir sy Seun, Jesus Christus, in wie ons die perfekte vriend het. Jesus noem ons sy vriende en Hy is ons voorbeeld van hoe om ‘n vriend vir ander te wees.

Wat kan jy hierdie week doen om Jesus in vriendskap na te boots?

Kom ons verbind ons daartoe om net ‘n bietjie meer uit ons doppe te kruip terwyl ons hierdie studie saam doen, terwyl ons biddend kwesbaar raak teenoor ander, vriendskappe kweek en God uitnooi om te beweeg terwyl ons Hom getrou volg.

Week 1 Uitdaging:

Hoe openbaar die vriende van die verlamde man in Markus 2 goeie vriendskap? Hoe wys hulle die belangrikheid van ‘n gemeenskap? Wat kan jy hierdie week vir jou vriende doen om hierdie mate van toewyding en verbondenheid aan jou vriende te openbaar?

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse