In die Begin – Inleiding

Die eerste elf hoofstukke van Genesis kan moeilik wees om te verstaan. Alhoewel daar vandag baie debatte wêreldwyd is oor die ware betekenis van hierdie gebeure, kan ons berus in die waarheid dat God se Woord ons presies bied wat ons nodig het om toegerus te wees vir goeie werke (2 Timoteus 3:17), selfs in ons onsekerheid. Die boek Genesis as geheel vertoon die karakter van God; sy vriendelikheid, kreatiwiteit, heiligheid, regverdigheid, toorn, krag en majesteit word op elke bladsy duidelik uitgebeeld.

Genesis 1–11 beskryf die manier waarop God die wêreld geskep het. Hierdie hoofstukke is geskryf om die heiligheid van God te belig en te wys hoe die mens sy beeld dra. Hulle toon God se getrouheid teenoor diegene wat Hom volg, asook die manier waarop Hy met diegene handel wat, in opstand teen Hom, van sy weë afgewyk het. God se kreatiwiteit word in die skeppingsverhaal ten toon gestel, sy heiligheid word gesien wanneer Hy met sonde handel, sy medelye is duidelik wanneer Hy na sy volk omsien, sy mag en gesag oor die skepping word in die sondvloed gesien en sy genade word getoon in sy belofte van toekomstige verlossing vir die sondige mensdom.

Die meeste evangeliese geleerdes is dit eens dat Genesis geskryf is deur Moses gedurende die tyd toe die Israeliete in die woestyn Sin rondgedwaal het, in ongeveer 1440 v.C. Die woorde van Genesis is aan die generasie Israeliete geskryf wat hulle voorberei om in die Beloofde Land Kanaän in te gaan en dit te bewoon.  Die woorde van die boek Genesis het hulle herinner aan wie hulle God is en hoe dit lyk om met Hom te wandel.

In hierdie Bybelstudie gaan ons die eerste elf hoofstukke van Genesis bestudeer en die begin van die skepping, sonde, genade, verlossing en belofte ontdek. Ons kan leer om God groots lief te hê deur sy karakter te bestudeer, veral die aspekte wat uitdagend is en meer vrae in ons geloof laat ontstaan. God toon sy krag en liefde in die manier hoe Hy met die mensdom omgaan. God is getrou aan sy volk, sy beloftes en sy verbond. Sy kreatiwiteit word uitgestal en dit herinner ons aan die grootheid van sy vermoë. Mag ons ons harte oopstel vir alles wat Hy vir ons wil leer, in die verwagting dat Hy Homself op nuwe maniere aan ons sal openbaar terwyl ons Hom soek.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse