Genees Wat Gebreek Is

Genees Wat Gebreek Is

Claire Marshall

Ek het grootgeword as die ongeluksvoël in ons huisgesin. Al het ek twee ouer broers gehad, het ek steeds die meeste hospitaalbesoeke gehad en die meeste gebreekte bene en steke gekry. Al kan ek nie al die detail van hierdie voorvalle onthou nie, onthou ek wel een ding wat dieselfde was tydens al hierdie gevalle–die sorg van my ouers. Wanneer ek seergekry het, sou hulle na my toe hardloop om te sien wat aangaan, die situasie beoordeel en besluit wat om te doen. Hulle het moeite gedoen om my wonde so goed as moontlik te versorg en mediese hulp gekry as dit nodig was. Wat ek toe nie geweet het nie, wat ek wel nou weet, is dat hulle duidelik in daardie gevalle Christus se voorbeeld uitgeleef het.

Die Groot Geneesheer

 In Psalm 147:3 en Jesaja 61:1 vind ons profesieë van die Een wat “die gebrokenes van hart genees en hulle wonde verbind”. Jesus Christus het aarde toe gekom in menslike vorm om hierdie profesieë en meer te vervul. Ons lees regdeur die evangelies dat hierdie kenmerke aandui wie Jesus is en wat Hy doen.

Terwyl ons in die hede nie fisies kan sien hoe Jesus die gewondes genees en verbind nie, ervaar ons dit in ons harte deur die gawe van die Heilige Gees. Dit op sigself behoort ons daartoe te lei om tot eer van ons God te sing omdat hy waardig is (Psalm 147:1)!

Deurlopende Genesing

Wat ongelooflik is omtrent Psalm 147:3, is dat dit in ‘n aktiewe teenwoordige tyd is. Ons wag nie vir die dag wanneer Jesus sal genees en verbind nie, maar Hy doen dit nou. Simeon het volkome geloof gehad dat hierdie Verlosser sou kom as gevolg van beloftes wat hy in die Ou Testament gelees het. Dit, saam met die hulp van die Heilige Gees, het hom toegelaat om dadelik die Messias te herken toe hy Jesus in die tempel sien. Simeon was vol vertroue dat hierdie profesie vervul sou word te midde van die gebrokenheid rondom hom in Israel.

Soos dit was met Simeon se geloof, kan ons ook dieselfde versekering hê dat Christus gekom het en dat Hy aanhou om die gewondes en gebrokenes te genees en te verbind. Omdat Christus gekom het en deur sy voltooide werk aan die kruis, kan ons rus dat die seer van ons gebrokenheid en ons diepste wonde in die genade van Christus ontvang word.

Wat ‘n gawe is dit tog om te wandel in die vertroue dat die Here ‘n aktiewe rol in ons alledaagse lewe speel. Ons kan so maklik gefokus wees op die gebrokenheid en seerkry rondom ons, maar dit is in hierdie belofte dat ons in die karakter van God kan rus, selfs al is dit moeilik.

Die Finale Genesing

Nie net is ons verheug daaroor dat die Here dit voortdurend aan ons wys nie, maar ons sien uit na die dag wanneer ons hierdie belofte se totale vervulling sal sien met die wederkoms van Christus. Advent is ‘n tyd wanneer ons onsself in die afwagting en viering van die geboorte van Christus plaas, maar ons sit ook daagliks met dieselfde gevoelens terwyl ons wag op Jesus se wederkoms. Ons smag na die dag wanneer daar nie meer gebroke harte en wonde sal wees nie, maar ons wag met volle versekering dat dit sal kom en ‘n dag van volmaakte vervulling sal wees vir diegene in Christus Jesus.

Claire

Week 2 Uitdaging:

Advent is ‘n tyd van wag vir Jesus se wederkoms wanneer Hy ‘n nuwe aarde sal skep en al ons beproewinge uiteindelik verby sal wees. Hierdie week dink ons aan Simeon wat lank moes wag om Jesus die Messias te sien. Om te wag is nie maklik vir enigeen van ons nie. Wat is van die dinge waarvoor jy wag? Vertrou hulle hierdie week weer aan God toe en vertrou op sy perfekte tydsberekening om jou gebede te beantwoord. Gaan ook voort om Maria se lied te memoriseer. Hersien wat jy verlede week gememoriseer het en begin hierdie week om Lukas 1:49-50 te memoriseer.

Week 2 Leesplan:

Week 2 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs