Genade op Genade

Genade op Genade

Kelli Trontel

Verlies is iets waarmee ek oor die jare baie vertroud geraak het.

Eers was dit my pa, toe, ses maande later my jonger suster en daarna my ma.

Ek onthou nog elke telefoonoproep wat ek ontvang het, waartydens daar vir my gesê is dat ek nog ‘n familielid verloor het. Binne vyf kort jare het ek ‘n weeskind geword, die laaste een in my kinderjare se gesinsfoto’s wat geleef het. Asof daardie seisoen nie reeds soveel om te dra was nie, was ek minder as drie jaar later verblind deur ontrouheid in my huwelik, wat gelei het tot egskeiding en verlies van die familiebesigheid. Skielik was ek ‘n enkelma met twee klein kindertjies.

Ek het in die middel van verwoesting en as gestaan ​​en het by God gepleit om dit alles weg te neem. Ek het hard gebid dat my omstandighede moet verander. Al die dood, duisternis, verlies, verraad en vernietiging was met tye oorweldigend. Dit het dikwels soos ‘n nagmerrie gevoel, ‘n wrede grap. Alhoewel my omstandighede nie verander het op die manier waarvoor ek gebid en gepleit het nie, was die ding wat wel verander het, my perspektief. Om my oë op te hef was nie net ‘n stap na genesing nie, maar dit het my die Bybelse perspektief gegee wat ek nodig gehad het met betrekking tot lyding. Ons kultuur is so goed om pyn te vermy en ons het meer hulpbronne as ooit tevore om te help om enigiets te verdoof wat ons nie wil trotseer nie. Ek het baie gehad om af te leer.

My tuiste is in Montana, net dertig minute van die ingang van Glacier Nasionale Park af. Op ‘n stadium in my lewe wou ek niks weet van trek na Montana nie, maar hier maak ek in die pragtige natuur twee pyle vir Christus groot. Vandat ek ‘n enkelma geword het, het ek meer gestap en gekamp as wat ek in my hele lewe gedoen het. Ek was nie altyd die “buitelug” tipe nie, maar ek is mal daaroor dat ons nie vir altyd vasgebind is aan wie ons nog altyd was nie. Ons kan groei en ontwikkel, selfs in ongemaklike omstandighede.

Tydens my mees onlangse staptog, op ‘n roete wat ek nog nooit vantevore was nie (en later verneem het dat hierdie area net ‘n paar jaar gelede ‘n groot veldbrand gehad het), het ek ‘n fluistering van die Here gehoor. Terwyl ek die omgewing in absolute ontsag aanskou het, is ek sagkens daaraan herinner dat, net soos ongerepte woude, alpynse weivelde, ruwe berge en skouspelagtige mere geskep is om die heerlikheid van ons Skepper, ons Hemelse Vader, ten toon te stel, is ek ook. En jy ook. Alles aan ons wys terug na Hom, veral ons krag te midde van die lewe se storms. Wanneer ons swak is, is Hy sterk. Hy bring skoonheid uit as voort.

Ons vertoon die krag van God in ons swakheid terwyl ons wandel in die krag wat Hy ons gee om te verduur wat oor ons pad kom. Om ons swakheid en pyn te vermy is dalk wat ons eerder verkies, maar daar is iets daaraan om voor ons oë te sien hoe iemand God prys gedurende verdrukking. Dit bring verheerliking aan die aktiewe werk van die Here. Die duiwel kan ons nie vernietig nie, maar hy probeer sy bes om ons uit te put. Ons het ‘n krag vir daardie tyd. Ons het ‘n genade daarvoor.

Net soos Paulus drie keer gevra het dat die doring uit sy vlees verwyder moet word, het Jesus in Lukas 22:42 gebid: “Vader, as U wil, neem tog hierdie lydingsbeker van My af weg. Maar laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied.” Hierdie verse het vir my vertroosting gebring in my seisoene van verlies. Ons is nie alleen in ons lyding nie. Ons gebede word dalk nie beantwoord soos ons hoop dit beantwoord sal word nie en ons lyding kan pyn insluit, maar dit kom ook toegerus met ‘n doel.

Die doel is wat God in ons lewens bou en dikwels gebruik Hy ons pyn om ook ons karakter te ontwikkel. Beproewinge en moeilike tye sal kom, maar mag ons standvastig wees wanneer ons geloof getoets word. Ons beproewinge is nooit tevergeefs nie. Ons pyn is nooit verniet nie.

Wat as ons begin om groot gebede te bid en te vra dat God se doel in ons pyn geopenbaar word in plaas daarvan om te bid dat die pyn weggevat word?

Wat as ons meer fokus op die Geneser en die genesing as op die seer?

Die Here is goed en getrou, selfs wanneer die lewe en ander nie is nie.

Wanneer jy verlies op verlies ervaar, vra die Here om jou hart in lyn te bring met sy wil vir jou lewe. Mag ons onsself posisioneer om ‘n ontvanger van die Here se guns te wees en sy genade op genade te erken.

Week 4 Uitdaging:

Skryf hierdie week al die kere neer wat God jou gebede beantwoord het (soveel as waaraan jy kan dink). Deel hierdie getuienisse met jou familie en vriende om hulle te bemoedig om aan te hou glo terwyl hulle op God wag. Deur jou getuienis te deel, sal jy hulle help om te sien dat God waarlik ons gebede hoor en antwoord.

Week 4 Leesplan:

Week 4 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse