Geloof Gedefinieër

Geloof Gedefinieër

Deur Lyli / 4 November 2020 / Jesus, Ons Alles

Sedert ons vier jarige kleinseun by ons kom woon het, spandeer ek ‘n groot deel van my dag om woorde wat buite sy beperkte begrip is, te definieër. Soms sal ek halfpad deur ‘n lesing wees oor hoe ons ouer mense moet respekteer, wanneer ek besef dat die klein mannetjie geen idee het wat die woord “respek” beteken nie. Dan sal ek sal teruggaan en van voor af begin en dit in klein stukkies opbreek sodat hy dit kan leer en verstaan.

Vir diegene wat deur terminologie verwar word, help die Hebreërskrywer ons. Die eerste paar verse van hoofstuk 11 bied ‘n duidelike definisie van ‘n konsep wat noodsaaklik is vir elkeen wat met God wil wandel. Omdat ons Hemelse Vader daarna smag dat ons tot Hom moet nader, laat Hy ons presies weet wat Hom behaag. God beloon diegene wat glo dat Hy bestaan en Hom ywerig soek.

Vriendin, geloof is die sleutel om tot God te nader. Die oorspronklike Griekse woord wat in Hebreërs 11:1 gebruik word, is pistis, wat beteken om te glo, te vertrou, op staat te maak, ons vertroue in te stel, en om seker te wees van. Om met geloof te leef, impliseer dat ons ten volle oortuig is en getrou bly aan wat ons as die waarheid glo.

Die definieëring van geloof is maklik, maar dit is nie altyd so eenvoudig om in geloof te leef nie. As dit lyk asof alles om my uitmekaarval, gee ek toe dat ek gereeld plek maak vir angstige gedagtes en sukkel ek om te slaap. Ek sal snags in die bed gaan lê en myself daaraan herinner dat die “EK IS” al is wat ek nodig het. Hy het die wêreld in orde gebring met ‘n opdrag, en Hy is in beheer van alles wat my raak.

Ek het ‘geloof’ in ‘n Bybel konkordansie opgesoek en is dadelik aangeraak toe ek lees dat geloof in Christus ‘n ‘sterk en welkome oortuiging of geloof is dat Jesus die Messias is, deur wie ons ewige verlossing in die koninkryk van God verkry’. As ‘n geloofsvrou wil ek die waarheid vashou dat my Verlosser in staat is om wonderwerke te doen, om siekes te genees en siele te red. Hy kan die bonatuurlike nie net op die bladsye van my Bybel nie doen nie, maar ook in my huis.

In plaas daarvan om my probleme oor en oor in my kop af te speel, wil ek in sy sorg rus en met eerbied lewe. Ek wil met ‘n sterk en welkome oortuiging in Christus leef.

Een van my gunstelinge Bybelonderwysers, Dr Tony Evans, het ‘n pragtige definisie gedeel wat my gehelp het om weer te dink oor hoe ek Hebreërs 11 lees:

“Geloof is om te handel asof iets so is, selfs wanneer dit nie so is nie, sodat dit so mag wees, eenvoudig net omdat God so gesê het.”

Om in geloof te leef, vereis dat ons ons vooropgestelde begrip van wat ons sien, moet opsysit om in hoop te volhard. Ons sien met groot verwagting uit na wat ons nog nie met menslike oë kan sien nie. Ons sê dat God getrou is, en ons vestig ons oë ferm op Hom.

Lyli

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse