Geen skikking vir klein oorwinnings nie

Geen skikkings vir klein oorwinnings nie

Deur Joy / 28 Oktober 2019 / Ester

Dit is nog nie verby nie. Al die gebeure in ons verhaal het ons gelei tot by die oomblik toe Haman opgehang is aan die galg wat hy vir Mordegai bedoel het. “Hulle het Haman toe opgehang aan die galg wat hy vir Mordegai laat bou het.” {Ester 7:10}

Alhoewel ek ‘n bietjie aardig voel oor die erns van Haman se ondergang, slaak ek ‘n sug van verligting dat geregtigheid uiteindelik geskied het. En ek is in die versoeking om daar te bly. Rus in die klein oorwinning. Die goeie het die bose oorwin. Ek sal daar stop, baiedankie.

Maar hierdie verhaal van verlossing is ver van verby. Dit is nog nie verby nie.

Hoeveel keer in my eie lewe was ek al tevrede met ‘n klein oorwinning, in plaas daarvan om deur te druk tot by die finale oorwinning? Antwoord? Baie keer. Eerder as om deur te druk, God te vertrou en te sien hoe die magtige gebeur, skik ek in die klein oorwinning, en oortuig myself dat dit genoeg is. Ek kan aan baie plekke dink waar dit waar is…. gesonde eetgewoontes, gebed, voorbidding vir ander, huwelik, kinders, en so kan die lysie aangaan.

Toe Ester besef het dat daar die moontlikheid bestaan dat haar mense gered is, was sy nogtans nie verheug nie. Dit is nog nie verby nie. Sy het nog werk om te doen. God het nog werk om te doen. Hulle is nog nie klaar nie. Hulle gaan nog aan.

En in die midde hiervan moet ons nooit vergeet dat ons Almagtige God, wat elke verhaal van tragedie verander in triomf, ook die ware held in hierdie verhaal van uiteindelike verlossing is. Hoe kan ek so ‘n stelling maak? Is dit nie ‘n bietjie vergesog om te sê dat elke verhaal in triomf verander nie? Omdat Hy reeds ons verhaal in triomf verander het, is Hy die held van ons verhaal!

“Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God.” {Efesiërs 1:7}

God en Sy soewereine hand, alhoewel dit nie eens in hierdie verse genoem word nie, word in elke deeltjie van hierdie verhaal verweef en dinge gebeur volgens Sy plan. Wat ‘n magtige God dien ons nie!

En op hierdie oomblik, as ons ‘n bietjie ongemaklik voel oor die feit dat geregtigheid geseëvier het oor Haman, moet ons die Here vra om ons oë oop te maak vir Iemand in ‘n soortgelyke situasie, hoewel onverdiend: ons Here Jesus Christus. En wat Satan vir die bose bedoel het, was toe ‘n magtige oorwinning deur Jesus Christus! En toe Hy verklaar: ‘Dit is volbring’, TOE EERS was dit finaal verby!

Lees hierdie woorde:

Soos die 75voet-houtgalg wat Haman buite sy huis gebou het om Mordegai te vernietig en te beskaam, het die boom wat Satan beplan het om Jesus Christus mee te vernietig en te beskaam, die einste plek geword waar Jesus openlik oor hom geseëvier het. God verander die uiterste euwels in uiteindelike verlossings. Die oorwinning van die kruis en die leë graf het God se vyande naak gestroop en hul uiteindelike onmag voor Hom ontbloot. Alhoewel hulle sal aanhou woed tot op daardie dag wanneer Jesus hulle finaal aan Hom onderwerp, het Hy reeds hul vasberade doodsteek hanteer. Alle roem en eer aan ons Koning! – Mary Wilson, ESV Vroue Bybel met Oordenkings.

God, ons God, dieselfde God wat die held in Ester se verhaal was, is ook die held in ons verhaal. Dit mag dalk nie so voorkom nie, maar God se soewereine, liefdevolle hand is ook ingeweef in elke deeltjie van ons verhaal! En onthou: dit is nog nie verby nie!!

Kom ons gesels: Waar het jy in die versoeking gekom om te skik vir ‘n klein oorwinning in plaas van om God te vertrou vir volle verlossing? Hoe kan die wete dat “dit nog nie verby is nie” hoop bring in jou huidige situasie?

Deel jou antwoord in die kommentaar hier onder!

Alles vir Jesus,

Week 6 Uitdaging: Ons leef in ‘n wêreld wat uitgehonger is vir hoop. Bid en vra hierdie week vir die Here om aan jou iemand te wys wat aangemoedig moet word met die hoop wat net Jesus kan gee. Moedig die persoon doelgerig aan met ‘n teksboodskap, handgeskrewe kaartjie of gaan kuier van aangesig tot aangesig. Soms moet ons net daaraan herinner word dat ons nie alleen in ons stryd is nie.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse