Ek word deur God geken

Ek word deur God geken

Almal wil geken word. Selfs as jy ‘n uiterste introvert is, wil jy geken word. Ons wil hê dat daar ten minste een persoon moet wees met wie ons so gemaklik kan voel dat ons enige iets en alles met hulle kan deel, die goeie, die slegte en die lelike, sonder vrees vir oordeel of verlies van die verhouding. Baie van ons het egter nie ’n persoon wat ons diep ken nie. Ons is dalk bang om oop te maak, of ons het dalk vriendskappe verloor en pyn ervaar as gevolg van die feit dat ons te veel persoonlike dinge gedeel het. Ongeag daarvan, ons wil almal geken en liefgehê word vir wie ons is en ondanks ons foute.

Dit is die skoonheid van Psalm 139. Daarin leer ons dat daar Iemand is wat ons so diep ken dat Hy dinge sien wat ons nie eers van onsself sien nie. God weet alles van jou en my.

“Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.” – Psalm 139:2

Voordat ‘n gedagte by ons opkom, weet God dit en Hy het ons nog steeds lief. Voordat ons optree, weet God wat ons gaan doen en is Hy nog steeds lief vir ons.

Jy kan moontlik dink aan iemand wat iets gesê of gedoen het wat jou geskok het. Miskien het hulle vertroulik met jou iets gedeel oor persoonlike worstelinge en dít wat hulle vertel het, het jou verbaas. Ons aanvaar altyd dat almal dinge goed onder beheer het, maar niemand het nie. Ons is sondaars, ons worstel met sonde, soms oorkom ons dit en soms misluk ons. Soms is daardie mislukkings groot met groot gevolge, maar die Here is steeds lief vir ons.

Hy weet, Hy het lief, en Hy vergewe omdat Hy ons geskape het en verlos het.

Dit is moeiliker om op dieselfde manier teenoor ander op te tree, as wat dit is om hierdie waarheid te aanvaar. Ons moet soos Jesus wees, en daarom moet ons leer om lief te hê, te aanvaar, te help en saam te wandel met diegene wat hul harte oopmaak en vir ons ’n paar van die moeilike dinge in hul lewens wys.

As jy in ’n tydperk is waarin jy niemand in jou lewe het wat jou goed ken nie, troos jou daaraan dat God jou goed ken. Jy kan Hom letterlik alles vertel, omdat Hy dit alreeds weet – jy hoef nie jou gedagtes en gevoelens te probeer onderdruk om dit beter te laat klink nie. Stort jouself voor Hom uit en laat toe dat Hy jou liefhet met ’n liefde wat Hom na die kruis gestuur het vir jou.

Kyk na Jesus,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse