Ek is Doelbewus Gemaak

Ek is Doelbewus Gemaak

Het jy al ooit gevoel iemand het ‘n indruk van jou gekry wat op ‘n sekere vlak dalk reg is, maar nie die diepte van wie jy werklik is vasgevang het nie? Iemand reken dalk jy is besonder atleties, of skeppend of intelligent. Soms is dit lekker om erkenning te kry vir iets wat mooi, prettig en opwindend klink, soos om ‘n TikTok te plaas wat wye reaksie ontlok, of om iets wonderlik te vermag wat min ander kon regkry.

Maar om bekend wees vir iets is nie dieselfde as om geken te word nie. Jy kan iemand van ver af herken, maar tensy jy tyd saam met iemand deurbring, kan jy hulle nie regtig van naderby en persoonlik leer ken nie. Om herken te word, is van korte duur. Maar om geken te word – regtig geken – is iets kragtig en blywend.

Toe God jou gemaak het, het Hy jou nie op ‘n afstand gemaak asof jy ‘n spikkeltjie in ‘n see van mense is nie. Vir Hom is jy nie maar net ‘n gesig in die massas nie. Nee, die Bybel sê toe Hy jou geskep het, het Hy jou deur en deur geken (Psalm 139:14) en dat Hy daarmee ingenome was om die diepste en egste dele van wie jy is – jou hart, jou denke, jou pragtige gesig – aanmekaar te weef en te vorm. God het jou geskep om soos Hy te wees, na sy beeld, en dit maak jou meer waardevol as wat jy ooit kan dink. Dit het niks te doen met die erkenning wat die wêreld kan bied nie, maar alles met jou ware identiteit, om deur die Een wat jou geskep het, geken te word. Identiteit in Jesus is baie meer waardevol as enigiets wat hierdie wêreld kan bied.

Op ons lewensreis sal ons met situasies en verhoudings te doen kry wat soms kan voel asof ons nie regtig geken word nie. Die waarheid is dat status, posisie, erkenning of die getal aanhangers wat ons op sosiale media het, vir ‘n rukkie ‘n mate van versekering, identiteit of om te behoort, mag bied. Maar uiteindelik sal dit uit die oog vervaag en die wêreld sal aanbeweeg na die volgende ding of mediasensasie. As ons waarde heg aan wat ander van ons sê of opmerk, gaan ons sukkel om daardie waarde te herwin as die erkenning nie meer daar is nie.

Geen persoon of status of prestasie of volgelingtal op aarde kan die plek daarvan om in jou diepste wese “geken te word”, inneem nie. Reg oor die wêreld is daar mense wat daarna verlang en smag om werklik geken te word, hulself te bewys, om bevestig te word – terwyl die grootste gawe is dat ons in Jesus reeds geken, gevind, verstaan, bevestig en aanvaar is. Sodra ons dit self begryp, gebeur die wonderlikste ding! Dit sal eintlik nie eers saak maak wie ons herken of ken of waardeer of regtig “verstaan” nie, want God is GENOEG (meer as genoeg!).

Solank ons identiteit in Jesus gewortel bly, sal Hy altyd waarde in ons harte inspreek. Hy ken ons beter as wat ons onsself ken, en Hy is gaande oor wie Hy jou gemaak het om te wees. Dit is ‘n kragtige openbaring om te wete te kom dat God ons ken en dat ons vir Hom baie belangrik is.  

Ons behoort aan Hom. Hy gee vir ons om. Hy is vir ons. Hy sien wanneer ons huil. Hy ontferm Hom oor ons as ons hart breek. Hy juig oor ons oorwinnings. Hy wil in ons lewens inspreek en dinge oor onsself aan ons openbaar, oor wie Hy is, en oor sy Woord wat ons sal verstom.

Streef daarna om volledig deur God geken te word, om ‘n verhouding met Hom te bou, om in sy liefde en in sy doel met jou lewe gevind te word. In Hom alleen is alles wat ons is en alles wat ons nodig het. Hy het wonderlike dae vir jou lewe beplan. Hy is reeds in jou toekoms en het ‘n lieflike verhaal geskryf – net vir jou. Hy het jou doelbewus en sorgvuldig gemaak, en Hy het ‘n wonderlike plan vir jou lewe. Moet jou nie bekommer oor wat ander sien of miskyk nie – God sien jou. Hy ken jou. En Hy het jou lief.

Week 4 Uitdaging:

In Christus het ons mag oor die vyand en mag oor sonde. Hoe kan jy hierdie week die leuens en planne van die vyand bestry, wetende dat, in Christus, jy groter is as enige vyand?

Week 4 Leesplan:

Week 4 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse