Die Woord

Die Woord

Ebos Aifuobhokhan

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom, ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan, het sonder Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. – Johannes 1:1-4

Jesus is nie ‘n nagedagte nie. Hy was nie God se plan vir tye van nood nie. Jesus is, Hy was, en sal altyd wees. Hy is ten volle God en Hy was teenwoordig aan die begin van tyd. Alles het deur Hom tot stand gekom. Enige iemand wat vervulling sonder Jesus probeer vind, ervaar chaos, want Hy is lewe en die lig van die mensdom.

Elke keer wanneer ons probeer om sonder Christus te leef en dinge op ons eie te doen, is daar net pyn en hartseer. Ek weet dit so goed. Ek onthou my lewe sonder Jesus en dit was pure chaos. Ek het ‘n Christelike huis grootgeword, dus het ek geweet van hemel en hel—en ek wou werklik nie hel toe gaan nie. Daarom het ek daagliks desperaat probeer om reg te leef. Ek het probeer om gehoorsaam te wees, maar ek het altyd tekortgeskiet.

My ouers was albei pastore, so jy kan jou die soort huis indink waarin ek grootgeword het. Daar was geen gebrek aan God se Woord en die kennis van Christus se lewe nie. Maar die duiwel het my bedrieg. Hy het my oortuig dat die lewenstyl en God van my ouers, slawerny was en dat ek op my eie kan oorleef. Dus het ek dit probeer.

Ek wou nie die lewe van my ouers hê nie. Ek wou ‘n goeie mens wees en op my voorwaardes leef, nie op God se voorwaardes nie. Ek het geglo dat ek hemel toe sou gaan solank as ek “goed” geleef het. Ek het gedink dat as ek sondig, solank ek my sonde bely net voordat die trompette blaas en Jesus kom om ons saam met Hom te neem, alles sou uitwerk.

Soos ek nou hierdie skryf, skud ek my kop oor hoe ek gedink het. Niemand weet wanneer Jesus sal terugkeer nie, nie eers die engele in die hemel of die Seun nie, net God. Wanneer ons egter besluit om in Jesus te glo, ons lewens aan Hom te gee en kies om volgens sy Woord te wandel, ontvang ons ‘n lewe saam met Hom in die ewigheid (Matteus 24:36).   

Dit was ‘n groot leuen om te glo dat ek sonder Jesus kon leef. Jesus is die enigste weg na God. Hy is die enigste weg na die ewige lewe. God het sy Seun gestuur om vir ons te sterf, sodat ons die ewigheid in die hemel saam met Hom kan deurbring. Liewe vriendin, daar is geen ander naam deur wie ons gered kan word, behalwe die naam van Jesus nie. Daar is geen ander pad of weg na die ewigheid en na God, behalwe deur Jesus nie. Indien jy reeds jou lewe aan Hom gegee het, begeer Hy begeer ‘n volgehoue, gesonde en groeiende verhouding met jou. Hy wil met jou wandel deur die lewe, om die fondament en die waarheid waarop ons lewens gebaseer is, te wees.

Toe Jesus in die wêreld gekom het, het die wêreld Hom nie herken nie, net soos Johannes die Doper in vandag se verse beskryf het. Hulle wou Hom nie hê nie, wat baie hartseer is, want wanneer jy deur die Bybel in kontak kom met Jesus, verbleek jou ou lewe in vergelyking met die nuwe lewe wat jy met Hom sal hê.

Jesus is nie een van die weë na die ewige lewe en ‘n verhouding met God nie; Hy is die enigste weg.

Met God is jy en ek waardevol en uniek; sonder Hom is ons niks.

Donkerte kan nooit die lig van Christus verdof nie. In sy lig sien ons onsself vir wat en wie ons werklik is; sondaars wat ‘n Verlosser benodig. Wanneer ons Jesus, die ware Lig volg, kan ons vermy om in donkerte te wandel en in sonde te lewe. Jesus verwyder die donkerte van sonde en Hy verlig die pad voor ons.

Het jy die lig van Jesus toegelaat om in jou lewe te skyn? Is jy gehoorsaam om te wandel waar sy lig skyn?

Die waarheid van Jesus is dat Hy die Seun van God en die enigste bron van ewige lewe is.

Shalom,

Week 1 Uitdaging:

Johannes se Evangelie is geskryf om aan die wêreld te bewys dat Jesus Christus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe. Johannes het aan ‘n gehoor geskryf wat geweet het van Jesus se dood en opstanding. Sy doel was om aan diegene wat hierdie dinge gehoor het te bewys presies hoekom hulle kon glo dat Jesus die Seun van God is. Lees die boek met vars oë sonder om die einde van die verhaal te vergeet. Laat toe dat Johannes se woorde aan jou die aard van Christus bewys. Skryf neer watter nuwe waarhede jy ontdek terwyl jy dit op hierdie manier bestudeer.

Week 1 Leesplan:

Week 1 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse