Die Vreugde van Bekering

Die Vreugde van Bekering

Ebos Aifuobhokhan

 

Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. – 1 Johannes 1:9

Die mense het hul sondes voor God erken. Hulle het besef dat hulle voorvaders in die eerste plek in ballingskap gegaan het omdat hulle herhaaldelik God se bevele verontagsaam het. Hy het die gevolge van gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid voor hulle geplaas en hulle het laasgenoemde herhaaldelik gekies. Ballingskap was die prys om te betaal vir hulle ongehoorsaamheid aan God, maar deur sy barmhartigeid wat vir altyd waar is, het Hy vir hulle voorvaders gesê dat as hulle die foute van hulle weë besef en na sy Woord terugkeer, Hy hulle sal terugbring na die land wat Hy hulle belowe het.

God hou sy Woord. Dit kan nie van ons gesê word nie. Hy het vir die kinders van Israell die gebooie gegee en Hy het vir hulle gesê om dit altyd te lees en om dit altyd voor hulle oë te hou sodat hulle versigtig sou wees om alles te doen wat dit hulle beveel het om te doen. Solank hulle voortdurend God se gebooie gelees en geleef het volgens wat dit gesê het, sou hulle vry wees van die gevolge van ongehoorsaamheid.

Terwyl hulle uit die Wetboek gelees het, het hulle oë oopgegaan oor waar hulle fouteer het en hulle het berou gehad.

God is ‘n barmhartige God. Wanneer ons in berou na Hom toe kom, hou Hy sy Woord. Hy vergewe ons sondes. Hy vergewe nie net nie, Hy gaan verder om ons te reining van die oorblyfsels van ongeregtigheid. Ons word ‘n skoon bladsy wanneer ons in bekering na God toe kom.

Ons moet by ‘n plek kom waar ons die foute van ons weë besef en erken, maar ook na Hom toe gaan vir genade. Sommige mense erken hulle sondes, maar doen nooit iets om daarvan weg te draai nie. Sommige is te trots om te erken dat hulle sondaars is en gaan voort met hulle sondes. Ander word deur die omvang van hulle sondes lamgelê en Satan hok hulle in deur te glo dat hulle nooit vergewe kan word nie.

Water een dit ookal is, ons kan wysheid uit vandag se verse leer. Wanneer die Heilige Gees ons aan ons tekortkominge herinner, of wanneer ons die Woord van God lees en oortuig word dat ons ons doel mis, moet ons ons sondes erken, in bekering na God toe kom, ons sondes bely en om sy vergifnis en genade vra. Wanneer ons dit doen is ons verseker dat Hy ons sal vergewe en ons sal herstel tot ‘n regte posisie met Hom. Halleluja!!! Wat ‘n magtige en goeie God wat ons dien!

Daar is nog een ding wat ek wil hê ons moet sien. God het vir die kinders van Israel gesê om by sy gebooie te hou. Die gebooie was ‘n herinnering aan wat God van hulle as ‘n volk en ‘n nasie verwag het. Hy het vir hulle gesê om sy Woord dag en nag te lees en daaroor na te dink, om altyd daaroor te praat en om hulle kinders daarvan te vertel sodat hulle versigtig sal wees om alles te doen wat dit sê. As ons kan voortgaan om ywerige studente van God se Woord te wees, soos wat ons nou doen, deur daagliks te kies om te lewe volgens wat dit sê, sal sonde baie ver van ons af wees. Hoe meer ons God se Woord lees, hoe meer weet ons wat dit sê.

Vader, mag ons altyd terugkeer na U toe, Amen.

Ebos

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs