Die skoonmaak van die tempel

Die skoonmaak van die tempel

 

In Nehemia sien ons hoe die priester wat oor die kamers van God aangestel is, die tempel gebruik vir ander doeleindes as waarvoor dit bedoel was om gebruik te word. Dan, in Matteus sien ons ‘n soortgelyke ding gebeur – die tempel is gebruik vir iets waarvoor dit nie veronderstel was om gebruik te word nie. In beide gevalle is die tempels van God skoongemaak en dan vir die regte doeleindes gebruik.

Nehemia het al die goed uitgegooi wat nie veronderstel was om daar te wees nie, toe het hy die kamers laat reinig en die dinge van God ingebring. In Matteus het Jesus ingegaan en al die mense wat besig was om dinge te doen wat hulle nie veronderstel was om te doen nie, uitgegooi en die tafels en stoele omgegooi. Hy het verklaar dat Sy huis “’n huis van gebed genoem sou word” en het hulle toe aangespreek omdat hulle dit ’n “diewekuil” gemaak het.

Ek kyk na hierdie twee gedeeltes en sê: “Ja! Dis reg! Niemand gaan die dinge van God gebruik vir dinge waarvoor hulle nie veronderstel was om gebruik te word nie! Goed vir Nehemia en Jesus dat hulle gedoen het wat reg was! Ek kan dit nie glo nie – wat het hulle gedink!” Dan praat die Heilige Gees saggies met my en vra: “Wat van jou tempel?”

Ons het nie meer kamers van God of tempels nie, maar ons het wel ons liggame. In 1 Korintiërs 6:19–20 lees ons “Of besef julle nie dat julle liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.”

My liggaam is nou die tempel van die Heilige Gees. Hy woon in my en is deur God aan my gegee. My liggaam is nou die huis van God. Die Heilige Gees in my, is God teenwoordig in my liggaam. My reaksie daarop moet wees om God met my liggaam te eer. Net soos die kamers van die tempel plekke van aanbidding moes wees om God te eer, is my liggaam ook.

Wat is dinge wat ek in my liggaam toelaat wat God nie eer nie? Waarna luister of kyk ek wat God nie eer nie? Wat eet ek wat God nie eer nie? Waar het ek nodig dat Jesus inkom en “die tempel skoonmaak?” Vra die Here om jou te wys.

Om die Here te vra om vir jou daardie dinge te wys, is ‘n moeilike gebed om te bid. Dit beteken heel waarskynlik dat jy sekere dinge in jouself gaan sien wat nie mooi is nie. Dit kan ook beteken dat jy moet evalueer waaraan jy tyd bestee, na luister, lees en kyk, en jy moet dalk nee sê vir sommige van daardie dinge. Daar is baie dinge wat aan die lig kan kom terwyl jy daardie gebed bid, maar dit is die moeite werd om daardie dinge te sien en die Here te laat werk in daardie areas in ons lewens. Soos Nehemia en soos Jesus, laat ons in ons eie lewens “die tempel skoonmaak” om die Here meer en meer te aanbid en te eer.

Week 6 Uitdaging:

Hoe toon Nehemia getroue leierskap regdeur die herbouwerk? Watter ander leiers het God se volk gelei met dieselfde standvastige leierskap en toewyding aan God? Hoe kan jy ander lei op grond van hierdie voorbeelde?

Week 6 Leesplan:

Week 6 Memoriseervers:

Mary Leslie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs