Die Komende Glorie

Die Komende Glorie

Brittany Salmon

Daar is ‘n ou gesang wat vir my die hart van Advent en vandag se gedeelte vasvang:

Die eerste vers van die lofsang sê:

Kom, U het Jesus lank verwag

Gebore om U volk vry te maak;

Bevry ons van ons vrese en sondes,

Laat ons ons rus in U vind.

Israel se krag en vertroosting,

Hoop van die hele aarde is U;

Dierbare begeerte van elke nasie,

Vreugde van elke verlangende hart.

Ek raak steeds tranerig wanneer ek dit sing, veral rondom Kersfees. Jy sien, ek onthou ‘n Kersfees van byna tien jaar gelede waar die vakansieseisoen ‘n swaar seisoen van lyding geword het. Verlies na verlies het soos ‘n meedoënlose golf oor ons gesin gespoel en dit het gevoel of ek skaars kop bo water kan hou. Ek onthou hoe ek met ‘n gebroke hart in ‘n kerk gesit het en nie kon sing nie, maar biddend die bogenoemde liedjie gefluister het.

Elke Kersseisoen sedert daardie jaar het ek ‘n sagte plekkie vir almal van ons wat deur vakansietye worstel terwyl hulle pynlike wonde versorg. Sommige wat hier lees vandag is dalk in ‘n seisoen waar die idee van Kersfees en vakansiedae en vieringe belaglik voel. Daar’s te veel pyn, verlies en wanhoop in jou lewe om die vakansieseisoen te geniet, wat nog te sê om Kersfees te vier. Tog het ek goeie nuus vir jou, Suster.

Advent is ook vir jou.

Soos Romeine 8:25 sê, “…maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding.”

Jy sien Advent is die vreugde van elke verlangende hart. Nie net die vrolikste harte om ons nie, maar vir diegene wie se verlange ‘n kykie gee in die gebrokenheid wat hierdie wêreld bied. Ons gedeelte vandag herinner ons dat daar ernstige lyding in hierdie huidige tye sal wees, maar God die Vader, het in Sy goedheid ‘n weg deur Sy seun, Jesus, gemaak om vir ons ‘n komende heerlikheid voor te berei, wat die wêreld se lyding oortref.

Advent ignoreer nie jou lyding nie en dit doen meer as om bloot plek daarvoor te maak. Advent bestaan omdat lyding bestaan. ‘n Verlangende hart is die kern van ons behoefte aan Advent. Dis wat dit beteken om Advent te vier, om te lewe te midde van ‘n gebroke wêreld. Ons hoop en verlange is dat Emmanuel; God met ons, eendag sal doen wat daardie ou gesang sê Hy sal doen: Kom herstel die vreugde van elke verlangende hart.

By die bekendstelling van ons Advent studie sê ons: “Advent is ‘n seisoen van erkenning van die gebrokenheid wat ons elke dag in die wêreld in die gesig staar. Ons spandeer tyd deur te dink en erken hoe die wêreld is, nie hoe dit behoort te wees nie en ons wag met verwagting op Christus se wederkoms om vrede te herstel. Met Sy eerste koms het Jesus ons verhouding met God herstel wat deur sonde verbreek is; wanneer Hy terugkeer sal Hy die wêreld vir eens en vir altyd van pyn en lyding herstel.”

Dit is die boodskap wat Romeine 8 vandag vir ons bring. Ons hoop en wag gretig op Christus se wederkoms en ons komende heerlikheid waar Hy pyn en lyding vir altyd oorwin. Suster, jou gebroke, verlangende hart word nie net hierdie Advent seisoen verwelkom nie, dit is nodig.

Ek bid vir jou vandag,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse