Die Keuse Wat Jy Maak

Die Keuse Wat Jy Maak

Julie McIlhatton

As ek gevra word om die bekendste vers in die Bybel te raai, sou ek sê dis Johannes 3:16. Dit is die enigste vers wat ‘n werkskollega my al oor middagete gevra het om aan te haal. Hy het die naweek na ‘n sportwedstryd gekyk, ‘n bordjie met Johannes 3:16 daarop gesien en my gevra wat dit is. Die probleem met dinge wat baie bekend is, is egter dat ons dit kan opsê sonder om in ag te neem wat dit werklik beteken.

Kom ons begin deur na die konteks vir Johannes 3:16 te kyk. Dit is Pasgatyd, die eerste tydens Jesus se openbare bediening wat in die boek Johannes opgeteken is. Jesus het die tempel binnegegaan en diegene wat dit as ‘n markplek gebruik het, uitgejaag. Hy is deur die Joodse leiers aangespreek, maar baie mense het in Hom begin glo.

Toe het Nikodemus, ‘n Fariseër, een aand vir Jesus gevind. Nikodemus sê in Johannes 3:2, “Rabbi, ons weet dat U ‘n leraar is wat van God af gekom het. Want niemand kon die wondertekens doen wat jy doen as God nie met hom is nie.” Wie is die ‘ons’ waarvan Nikodemus gepraat het? Was dit die Joodse regerende raad? Of sommige van die Joodse leiers, of van die Fariseërs? Ons weet nie. Maar wat duidelik is, is dat die Joodse godsdienstige leiers oor Jesus gepraat het en sommige het Hom erken as ‘n profeet of boodskapper wat deur God gestuur is. In sy gesprek met Nikodemus het Jesus hom probeer help om te sien wie Hy werklik is.

Jesus het Nikodemus uitgedaag en gesê dat ‘n mens wedergebore moet word om die koninkryk van God te sien. Dit het Nikodemus verwar, aangesien hy aan fisiese wedergeboorte gedink het— wat onmoontlik sou wees! Maar Jesus het gepraat oor die wedergeboorte van die Gees.

In verse 13–15 het Jesus Moses, wat die slang in die woestyn opgelig het, vergelyk met hoe die Seun van die mens verhoog moet word “sodat elkeen wat in Hom glo, die ewige lewe kan hê”. Hierdie verwysing na Moses kom uit Numeri 21:4–9 waar die Israeliete, wat deur God uit slawerny in Egipte gered is, maar wat geweier het om die beloofde land binne te gaan, weer gekla het oor hulle in die woestyn uitgelewer is en oor die “slegte kos”. God het tereg giftige slange onder die mense gestuur, en baie het gesterf. Die mense het hulle fout besef en Moses gevra om te bid. Die Here het vir Moses gesê om ‘n slang te maak en dit op ‘n paal te sit. As iemand wat gepik is na die brons slang kyk, sou hulle bly lewe. Die mense moes kies om te kyk om gered te word.

Jesus is aarde toe gestuur sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan soos hulle verdien nie, maar die ewige lewe sal hê. Watter genade! Wanneer ons na Jesus kyk, opgelig aan die kruis vir ons, lewe ons nie soos die Israeliete wat na die brons slang gekyk het nie, ons het die ewige lewe! Die Seun is nie gestuur om die wêreld skuldig te bevind en te straf nie, Hy het gekom sodat ons deur Hom gered kan word. Dit is absoluut verbysterende goeie nuus!

Alhoewel ons nie Nikodemus se reaksie hoor nie, kan ons later in die Skrif sien dat hierdie gesprek met Jesus die begin was van ‘n verandering in sy lewe. Ons vind hom weer in hoofstuk 7, waar hy Jesus onder die Joodse leiers verdedig, en in hoofstuk 19, nadat hy gesien het hoe die Seun van die Mens opgelig word aan die kruis, het hy sy groot liefde vir Jesus uitgespreek deur te help om sy gekruisigde liggaam te begrawe.

Ek dink Johannes 3:16 is so gewild omdat die keuse wat ons almal moet maak so duidelik is. Ons is almal gebyt en is besmet met gif van sonde. Ons kan kies om na Jesus te kyk en te glo en deur Hom gered te word. Of ons kan ons eie manier kies, om die duisternis lief te hê, om ons bose dade te verberg en die gevolge van ons keuses in die gesig te staar—dood en skeiding van God.

Dit is goed om die woorde van Johannes 3:16 te ken. Maar om die enorme Goeie Nuus daarin vervat te glo en te deel, is selfs beter!

Mag ons die Vader, Seun en Heilige Gees nog dieper ken onderwyl ons die vrygewigheid van die Vader onthou; terwyl ons na Jesus kyk en dank bring vir sy wonderlike redding en die sekerheid van die ewige lewe saam met Hom; en soos ons nou die begin van hierdie nuwe lewe ervaar deur die inwoning van die Heilige Gees.

Week 2 Uitdaging:

Na al die verse wat ons hierdie week lees, sal ons drie van die wondertekens wat Jesus gedoen het, bestudeer het. Skryf hierdie eerste drie tekens in jou joernaal aan. Wat sê hulle vir jou van Jesus? Hoe bewys hierdie tekens Johannes se hoofboodskap dat Jesus die Seun van God is en die enigste weg na die ewige lewe?

Week 2 Leesplan:

Week 2 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse