Die Impak van Sonde op Vriendskap

Die Impak van Sonde op Vriendskap

Oor die jare was daar baie TV-programme oor vriendskap. Van ‘Happy Days’, tot ‘Friends’, van ‘I Love Lucy’ tot ‘Seinfeld’; die meeste van ons het sulke programme gekyk en dit geniet. Ons hou van die idee om ‘n hegte groep te hê saam met wie ons kan lag en huil en al die lewe se wel en weë kan ervaar. Die rede waarom ons so voel is omdat ons, soos ons Maandag gesien het, geskep is vir gemeenskap met ander. Vriendskap is iets waartoe God ons roep omdat ons daarvoor gemaak is.

Ongelukkig duur dit nie lank voordat ons sien dat sonde in die prentjie kom en alles verwoes nie, insluitend die manier waarop ons met ander ‘n band vorm en hoe ander met ons ‘n band vorm (Genesis 3). Ons is gebroke. As ek sê gebroke, bedoel ek daar is ‘n wanfunksie in die liggaam, verstand, hart en siel.

Kom ons kyk hierna van naderby:

Die Liggaam

Ons almal kan getuig van die feit dat ons liggame deur sonde geraak word. Ons sien dit in siektes, in die manier waarop ons stadiger en minder flink word namate ons ouer word, in die fisiese kwale waarmee sommige gebore word en uiteindelik in die dood self (Romeine 5:12). Die manier waarop sonde ons liggame beïnvloed, kan ons vermoë om florerende vriendskappe te hê, beïnvloed. Sommige het fisieke beperkings wat hulle van ander afgesonder hou. Selfs die Covid-19 pandemie het dit vir ons almal ‘n realiteit gemaak.

Die Verstand

In sommige opsigte is ons verstand ook gebroke. Dit funksioneer nie soos dit bedoel was om te funksioneer nie. Sommige sukkel met depressie en ander met angs. Daar is diegene wat maklik oorweldig word, sommige is oormatig emosioneel of sensitief, terwyl daar mense is wat om verskillende redes sukkel om hulself emosioneel te verbind. Al hierdie dinge beïnvloed die soort vriend wat ons vir ander is.

Die Siel (of die Hart)

Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? (Jeremia 17: 9)

Ongelukkig word elke deel van ons deur sonde geraak, insluitend ons voorliefdes en begeertes. Dit het ‘n invloed op die manier waarop ons met God en met ander omgaan.

Dit is sonde wat veroorsaak dat ons nie glo wat God sê nie en ons eie gang gaan. Dit is sonde wat veroorsaak dat ons ongehoorsaam is en dink dat ons weë wyser is as God se weë.

Dit is hoekom ons nie lief het soos ons moet nie, nie opoffer soos ons moet nie, nie vergewe soos ons moet nie, of omgee soos ons moet nie. Ons eer nie die Here soos ons geroep is om Hom te eer nie, en ons beoefen nie selfbeheersing soos God ons roep nie.

Selfsug, wraakgierigheid en trots is perfekte voorbeelde van ons gebrokenheid wat ons vriendskappe kan belemmer of selfs kan beskadig.

Maar daar is goeie nuus. Diegene van ons wat deur die bloed van Jesus gered is, word vernuwe. God is daagliks in ons besig om sy kinders te leer en op te lei sodat ons beter heiliges en beter vriende kan word. Hoe meer ons sy Woord ken, hoe meer word ons verander deur God se genade.

Wat vriendskap betref, beteken dit dat Hy ons begrip van wat ware vriendskap is en hoe ons die beste vriend kan wees vir diegene wat Hy in ons lewens geplaas het, stadigaan herstel.

Soos ons groei in ons liefde vir God, groei ons in ons liefde vir mekaar. Hoe meer ons God se geduld teenoor ons sien en verstaan, hoe geduldiger kan ons met ons vriende wees. Hoe meer ons die verbysterende en onverdiende opoffering wat Jesus vir ons gemaak het, begryp, hoe meer kan ons selfsug opsy sit vir die goeie en seën vir ons vriende. En wanneer dit gebeur, verdiep ons vriendskappe en word God meer daardeur vereer.

Kyk na Jesus,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse