Die Geskenk van Verlossing

Moes jy al ooit wag vir iets wat jy gekoop het om afgelewer te word? Alhoewel die verskepingstyd net 3-5 besigheidsdae neem, voel dit soos weke voordat die item uiteindelik by jou deur verskyn. Toe ek in graad 8 was wou ek baie graag ‘n paar tekkies hê soos wat die gewilde kinders gehad het. Ek onthou hoe ek my ma gesmeek het om dit aanlyn vir my te vind, alhoewel hulle op elke webtuiste uitverkoop was. Nadat my ma hoog en laag gesoek het, het sy die presiese paar wat ek wou hê op ‘n onbekende webwerf gevind. Ek het haar skepties gevra om die skoene te bestel en toe begin die wag. Omdat die webstuiste waarvandaan ons die tekkies af bestel het, ‘n derde-party webtuiste was, het dit ‘n bietjie langer geneem vir dit om met die pos te kom, en my verwagting het by die dag gegroei. Die dag toe die tekkies in die pos arriveer het ek my van die skool af gehaas na die huis, die pakkie oopgemaak en na hulle gestaar omdat hulle so mooi was.

Die Langverwagte Geskenk

Om vir ‘n goeie geskenk te wag kan ontmoedigend wees, maar die wag is die moeite werd wanneer die geskenk uiteindelik arriveer. Hierdie illustrasie kwyn in vergelyking met wat die Israeliete deurgegaan het terwyl hulle vir die komende Messias gewag het. Die Israeliete het 400 jaar in stilte gewag voordat God weer met sy volk gepraat het. Hierdie keer was die boodskap die lang verwagte een. Die Verlosser was hier! God het sy eie Seun gestuur om onder sy mense te kom wandel as ten volle God en ten volle mens. Net soos God vir die Israeliete beloof het, het Jesus vlees geword, is Hy gebore in die einste wêreld wat Hy geskape het, het Hy ‘n sondelose lewe geleef en ‘n wrede dood gesterf om te betaal vir die sonde van die mensdom. Johannes 1:14 is ‘n sleutelvers om te verstaan dat Jesus na die aarde toe gekom het as ‘n mens om sy mense van hulle sondes te verlos.

“Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.” – Johannes 1:14

Weet waar die Geskenk Vandaan Kom

Om te verstaan wat hierdie vers beteken, moet ons in konteks na die Ou Testament kyk. In Genesis het God man en vrou geskape en hulle in die Tuin van Eden geplaas, waar Hy tussen hulle gewandel het (Genesis 3:8). God wou sedert die begin van tyd hê dat sy mense in sy teenwoordigheid moet wandel. Ongelukkig het die man en vrou gerebelleer teen God se bevele en sonde het op die toneel verskyn vir die res van mensdom. ‘n Skeiding het ontstaan tussen sondige mense en ‘n heilige God. God kan nie wees waar sonde is nie, tensy daar ‘n offer is ter wille van die sonde.

Die Geskenk van Vergifnis

Later in die Ou Testament het God die Israeliete beveel om die tabernakel op te rig sodat sy teenwoordigheid tussen sy mense kon woon (Eksodus 25). Die tabernakel was ‘n voorsiening van God sodat sy mense ‘n heilige plek kon binnekom, vir hulle sonde offer en hulle God ontmoet. Die offerdiens was nie perfek nie, maar dit was ‘n tydelike manier vir God se mense om weer in sy teenwoordigheid te wees.

Die tabernakel was ‘n vooruitskouing van wat sou kom wanneer “die Woord vlees word en onder ons kom woon.” Ons weet uit Johannes 1:1 dat “die Woord” in die begin daar was, die Woord was by God en die Woord was self God. Hierdie vers is ‘n pragtige beskrywing van die Drie-Eenheid – Vader, Seun en Heilige Gees. Verder aan in vers 14 sien ons dat die Woord vlees geword het, wat beteken dat deel van daardie Drie-Eenheid na die aarde gekom het in menslike vorm. God se eie Seun het na die aarde gekom om met sy mense te wees. Nie net om weer in hulle teenwoordigheid te wees nie, maar om hulle van hulle sonde, wat tot die dood lei, te red. Toe Jesus aan die kruis gekruisig is vir die mensdom se sonde en drie dae later uit die graf uit opgestaan het, is sonde en dood oorwin.

Wie ookal in Jesus glo ontvang die volle en volmaakte betaling vir hulle sonde. Wat ‘n geskenk! Elke gelowige het die Heilige Gees wat in hul hart woon, ‘n tasbare uiting van God se teenwoordigeid wat ten alle tye met hulle bly. Ons hoef nooit bekommerd te wees dat ons ooit weer ver van God af gaan wees nie. Ons sien ook uit na die dag wanneer ons ons Vader van aangesig tot aangesig sal ontmoet en die ewigheid in sy volmaaktheid sal deurbring. Die wag is verby–die beste geskenk wat ons ooit kan ontvang is verlossing wat in Christus Jesus gevind word.

 

 

 

 

Jayci

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs