Die Geboorte van Johannes die Doper

Die Geboorte van Johannes die Doper

Deur Jen / 17 Oktober 2020 / Ewige Verbond

Die geboorte van Johannes die Doper is ‘n pragtige verhaal omdat dit weereens die barmhartigheid en goedhartigheid van God toon. ‘n Bejaarde egpaar, Sagaria en Elisabet, wat nie in staat was om ‘n kind te verwek nie, het die belofte van God verkry dat hulle ‘n eie seun sou hê. Sagaria beteken “God het weer onthou.” Weer sien ons dat God sy woord hou.

Johannes sou opgroei om op ‘n magtige manier deur God gebruik te word. Hy sou aan die mense rondom hom verkondig dat die Messias op pad was. Sy liefde vir Jesus was dapper en radikaal, en uiteindelik sou hy sy lewe verloor weens sy geloof en oortuiging.

Sagaria het sy vermoë om te praat verloor tydens Elisabet se swangerskap, maar met die geboorte van sy seun het hy sy spraak herwin en onmiddelik ‘n loflied tot eer van God begin sing. Hy het gesing van God se goedheid in die nakoming van die beloftes wat hy aan Abraham, Isak en Jakob gemaak het. Sagaria se naam verwys nie net na die feit dat God sy belofte aan hierdie kinderlose egpaar nagekom het nie, maar dit het almal daaraan herinner dat God al sy beloftes nakom, ook die belofte van ‘n Verlosser.

Dit mag lyk of daar baie tyd verloop het sedert die begin van die genadeverbond tot op die dag dat Jesus gekom het, maar God is nie traag in wat Hy doen nie. Sy tydsberekening is perfek, sy plan is goed deurdag en noukeurig uitgevoer. Hierdie plan het die geboorte van Johannes en sy prediking om die mense op die koms van Jesus voor te berei, ingesluit.

Dit geld ook vir ons lewens. Soos ons die viering van die geboorte van Jesus nader, onthou dat God die groot Beloftehouer is. As Hy jou genoeg liefgehad het om al die beloftes te maak en na te kom wat sou lei tot Jesus se geboorte, lewe, dood en opstanding, kan ons vol vertroue wees dat Hy al die beloftes wat Hy aan ons gemaak het, sal nakom.

Praat jy oor en vertrou jy op die beloftes van God? Hy belowe om ons sondes te vergewe en ons nooit te verlaat nie. Hy belowe dat niks ons van sy liefde kan skei nie (Romeine 8:31-32). Hy belowe dat alle dinge in ons lewens tot ons beswil sal meewerk (Romeine 8:28). Hy belowe om jou alles te gee wat jy nodig het in die lewe en godsvrug (2 Petrus 1:3). Hy beloof om ons geloof tot die einde toe te laat volhard (Filippense 1:6), en Hy sal nooit iemand verloor wat aan Hom behoort nie. Hy beloof aan almal wat aan Hom behoort ‘n opstanding tot die lewe (Johannes 3:16), en om weer te kom en sy volk bymekaar te maak om vir ewig in die paradys te woon. Hierdie beloftes is joune in Christus Jesus. Jy kan daarop reken, omdat jy op God kan vertrou (Psalm 33:4).

Kyk na Jesus,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse