Die Een Wat Nie Sal Weggaan Nie

Die Een Wat Nie Sal Weggaan Nie

Sara Lindsey

Psalm 94:14 sê: “Die Here verstoot nie sy volk nie, die volk wat aan Hom behoort, laat Hy nie in die steek nie.” Ander vertalings sê dat Hy nie sy mense sal verwerp nie, Hy sal hulle nie weggooi nie, Hy sal nie wegloop nie.

Ek hou baie van hoe Charles Spurgeon, ‘n aangeskrewe Engelse prediker uit die 1800s dit gestel het: “‘Die Here sal nie sy mense weggooi nie.’ Hou aan daardie kosbare versekering vas. Selfs al kom Satan en fluister vir jou: ‘Die Here het jou weggegooi,’ moet jy dit nie glo nie, dit kan nie gebeur nie. God gooi nie mense weg nie. Somtyds neem Hy mense wat die duiwel se weggegooides is en maak hulle trofeë van sy magtige genade; en wanneer Hy dit doen, is hulle sy mense.”

Dit moet ‘n wonderlike troos vir alle gelowiges wees. Niks wat jy doen sal jou van die liefde van God skei nie. (Wat ookal in jou gedagtes opgekom het, nee, nie eers dit nie.)

Die feit dat God ons nie sal verlaat nie, word regdeur die Skrif herhaal, maar om eerlik te wees, dit is moeilik om ten volle te begryp, want soveel dinge in ons wêreld is tydelik of verander as gevolg van omstandighede. Ek dink aan die maniere hoe ons ontslae raak van dinge—ons gee weg, verkoop, gooi weg, verpand—en hoekom ons ontslae raak van dinge—miskien sien ons dit as nutteloos, oud, stukkend, lelik. En dan dink ek aan die maniere hoe ons effektief ontslae raak van mense—egskeiding, verwerping, skeiding, verlating—en hoekom ons verhoudings beëindig—miskien sien ons hulle as toksies, onaangenaam, ontrou of nie waardevol nie.

Die waarheid is dat God elkeen van ons soveel van daardie dinge kan noem. Hy kon dit regverdig om sy rug op ons te keer. Maar Hy verlaat ons nie en Hy sal nooit nie. Selfs as ons rug op geloof keer, wag God om ons terug te verwelkom.

Ongelooflike genade, versekering en seën. Jy is innig geliefd en jy is nie alleen nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse