Die Belofte Vervul

Die Belofte Vervul

Deur Andrea / 18 Desember 2020 / Ewige Verbond

In die Ou Testament was daar ‘n tydsgleuf toe dit gelyk het asof ‘n langverwagte belofte – ‘n belofte van ‘n Verlosser, ‘n belofte van ‘n verlossing wat nog moes kom – sluimerend en vergete was. Die hemel het 400 jaar lank geswyg.

Vir 400 jaar was daar geen verdere profetiese woord van God aan sy volk oor sy belofte van verlossing nie. Hoe sou dit lyk? Wanneer sou hulle die vervulling van hierdie woord, hierdie hoop sien?

Die lewe het sy gang gegaan, geslagte het gekom en gegaan, en ek kan my voorstel dat party mense gewonder het of God van sy belofte vergeet het. Of het hulle iets verkeerd gedoen? Wanneer sou hulle die vervulling van hierdie belofte sien? Hoe sou dit lyk? God het nooit sy Woord om hoop en verlossing aan alle mense te bring, vergeet nie. Hy het van die begin af die einde gesien en was besig om die vervulling van sy belofte te uit te voer.

Toe, op ‘n oënskynlik gewone dag, en deur gewone mense, het die belofte gekom. ‘n Engel het ‘n jong meisie met die naam Maria besoek en aangekondig dat die belofte waarvan God eeue vantevore gepraat het, besig was om bewaarheid te word. God het begin om mense en omstandighede in posisie te bring om aan te toon dat sy Woord volledig, presies soos Hy beloof het, volvoer sou word.

Maria het aan hierdie belofte geboorte geskenk, en Hom Jesus genoem. Die nag toe Jesus gebore is, het God ‘n engel na ‘n paar skaapwagters in die veld gestuur en die hemelruim met die glans van sy heerlikheid gevul; hy het ontsag, verwondering en vreugde soos die wêreld nog nooit van gehoor het nie, bekend gemaak en hierdie Goeie Tyding wat aan alle mense groot blydskap sou bring, verkondig:

Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore…”

–Lukas 2:10-11

Wat hierdie keer so besonders maak, is dat God, toe Hy met sy volk gepraat het, hierdie Goeie Nuus aan gewone mense gestuur het. Hierdie keer het die belofte nie deur ‘n profeet of prediker gekom nie. Dit het deur ‘n jong meisie gekom. Dit is aan eenvoudige skaapwagters verkondig. Hy het deur elke skeiding, elke veronderstelling, elke grens, elke beperking gebreek. Hy het met die skaapwagters gepraat net soos met elke persoon wat eendag sou hoor: “Luister mooi.” Hierdie boodskap is vir jou. Hy het dit duidelik gemaak dat die Goeie Tyding van verlossing aangebreek het: Jesus, die Verlosser van die wêreld is gebore, en hierdie Goeie Nuus was vir alle mense bedoel.

Met Jesus se koms het God die verbondsbelofte wat eeue vroeër gemaak is, nagekom. Dit het gelyk soos ‘n langverwagte belofte wat vervul sou word. ‘n Verlosser, Jesus, wat Christus die Here is, is gebore om ons van ons sonde te verlos, om hoop te bring, om dinge tussen God en die mensdom reg te stel.

Ek wonder watter belofte God in jou hart ingespreek het waaroor jy al gewonder het of jy dit ooit verwesenlik sal sien. Miskien voel dit stil, asof God dalk daarvan vergeet het. God maak nooit ‘n belofte wat Hy nie ook van plan is om na te kom nie. Hiervan kan ons seker wees: God is die Waarmaker van sy beloftes. Hy sal elke belofte, elke woord, elke verbond wat Hy gemaak het, vervul.

Selfs nou, waar ons ons vandag bevind, lê die beste nog voor. Daar is nog ‘n belofte wat vervul moet word. Ons hou aan om met hoopvolle verwagting uit te sien na die dag wanneer Jesus, ons Verlosser, Koning van die Konings, en Here van die Here, weer gaan terugkom en sy finale belofte nakom. Jesus, ons wag hier op U. “Amen! Kom, Here Jesus!”

Andrea

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse