Deur dit Alles is Hy Getrou

Deur dit Alles is Hy Getrou

Petra Stoneman

“Maar hulle het na ‘n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang.

 Daarom is God nie skaam om hulle God genoem te word nie;

trouens, Hy het vir hulle ‘n stad gereed gemaak.”

–Hebreërs 11:16

Ek het ‘n Christen geword op die mooi ouderdom van sewentien. Sedertdien het ek al ‘n aantal moeilike paaie gestap. Van ’n eetversteuring wat my vatbaar maak vir ‘n stryd met geestesgesondheid en depressie, tot ’n diagnose van endometriose, wat my party dae bedlêend laat met pyn.

In my vroeë jare as gelowige het ek baie “hoekom”-vrae aan God gevra. Hoekom gaan ek hierdeur? Hoekom kan U dit nie van my wegvat nie?

Ek het gedink my hoop hang af van my omstandighede, asof ek net op God kan vertrou as Hy my genees het.

‘n Wyse vriend en mentor het my gehelp om te verstaan dat, hoewel God volkome in staat is om ons te genees, dit deur sy genade is dat Hy soms nie, sodat ons toegelaat word om, dag vir dag, volkome afhanklikheid van Hom te leer.

Ek het besef dat my hoop op Hom niks met my omstandighede te doen het nie. Deur dit alles is Hy getrou en ons hoop op Hom kan nie wankel nie.

Dit is nou vyftien jaar sedert daardie somer toe ek Jesus Christus as my Here en Verlosser aangeneem het, en ek is dankbaar vir elke moeilike ding wat ek moes deurmaak. Sedert die begin reeds is my geloof meer gekenmerk deur om God se beloftes te ken as om God se beloftes te voel.

Alhoewel ek dink dit is wonderlik wanneer ons daardie “om God te voel” oomblikke kry – dit kan as groot bemoediging op ons geloofsreis dien – glo ek ook dat ons nie heeltemal op ons emosies moet staatmaak wanneer dit kom by wat ons weet waar is nie.

Hierdie wêreld is te veel van ‘n warrelwind – waardes en opinies verander daagliks – om ons gevoelens toe te laat om ons paaie te rig wanneer dit kom by geloof en die beloftes van God.

Ons behoort vroue van die Woord te wees wat nie net die Woord lees en dit toepas wanneer dit ons pas nie, maar wat die Woord uitleef en ons lewens bou op wat dit sê; vroue wat God se beloftes glo en dat Hy elkeen daarvan sal vervul, wat vertrou selfs wanneer dinge rondom hulle donker lyk.

En met dit in gedagte, kom ons by Hebreërs 11:13–16.

Hierdie verstommende, getroue mense, soos Abel, Noag, Abraham, Sara, Moses en ander, het almal gesterf “sonder om te verkry wat beloof is”. So, hoe het hulle aangehou? Hoe kon hulle aanhou vertrou en wandel deur geloof as hulle nooit gesien het wat God in hul leeftyd belowe het nie?

Die antwoord is hoop. Hoop het hulle aan die gang gehou.

Vers 16 help ons verstaan hoe hoop die antwoord was, en dien as ‘n praktiese toepassing vir ons eie lewens vandag. Dit sê, “hulle het na ‘n beter vaderland, dit is die hemelse, verlang.” Deur hul hele lewe, daaglikse take, die verlange van hulle harte, beproewinge van die lewe op aarde, in al hierdie dinge het hulle vasgehou aan die hoop en belofte van die lewe wat kom – ons ewige lewe saam met Hom. Hulle het geleef met die ewigheid in gedagte en dit het hul lewens deur geloof gekenmerk.

Maak nie saak wat om ons gebeur nie, liewe vriendin, ek en jy het ‘n groter hoop om aan vas te hou, een wat nie met elke kulturele gril en vlietende waardes van die wêreld sal verander nie. As hierdie geloofshelde ons iets leer, is dit om na die ewige dinge te kyk, nie die dinge van hierdie wêreld nie.

My eie gebede in beproewinge en pyn het oor die jare verander van “hoekom?” na smeekbede vir krag en uithouvermoë. Ek leer stadig maar seker dat die doel nie genesing is nie, dit is nie eens verligting nie. Die doel is altyd ‘n dieper intimiteit met Hom. Ons is in staat om te volhard en in geloof te wandel wanneer ons hoop gevind word in die naam van Jesus, ons kosbare Verlosser en Vriend wat belowe het om ons nooit te verlaat of in die steek te laat nie.

Wat is ons hoop in lewe en dood?

Christus alleen, Christus alleen

Wat is ons enigste vertroue?

Dat ons siele aan hom behoort*

Met liefde in Christus,

*Christ Our Hope in Life and Death deur Keith & Kristin Getty, Matt Boswell, and Matt Papa

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse