Bou Uithouvermoë
Mary Leslie Racine
Al wat ek my hele lewe lank wou wees, was ‘n vrou en ‘n ma. In my gedagtes sou ek ‘n wonderlike ou in die universiteit ontmoet, verloof raak en die somer na die gradeplegtigheid trou. Dan sou ons ‘n paar jaar later met ons gesin begin en vir ewig gelukkig lewe. Dit is glad nie hoe dit vir my afgespeel het nie. Ek het my man eers ontmoet toe ek 25 was en ons het eers getrou toe ek 28 was. ‘n Jaar na ons troue het ons besluit om met ons gesin te begin. ‘n Jaar later was ons nog steeds nie swanger nie. Daardie jaar was gevul met wat ek die hoop-en-teleurstellingtuimeltrein noem. Daar was elke maand die hoop dat dít die maand sou wees wat ons swanger sou word, en elke maand was ons teleurgesteld dat ons steeds nie swanger was nie. Na baie toetse en baie afsprake met ‘n vrugbaarheidspesialis het ons die woorde gehoor: “Dit is onredelik vir jou om te dink jy sal ooit biologiese kinders hê.” Ons het in ons motor in die parkeerterrein gesit en huil.
Ons het besluite gehad om te neem en ons het besluit om ‘n plaaslike aanneming te doen. Ons sou die volgende ses jaar in en uit die aannemingsproses deurbring. Ek sê altyd vir mense aanneming is nie vir mense wat nie braaf is nie. Dit is ‘n emosionele, finansiële, verstandelike en geestelike stryd. Dit, soos om swanger te probeer raak, was ‘n tuimeltrein van hoop en teleurstelling. Ons is nou klaar met daardie proses en het drie pragtige kinders, maar die pad daarheen was nie maklik nie.
Wanneer ek aan hierdie vers dink in die lig van daardie dinge, vra ek myself af, het ek dit as vreugde beskou toe ek daardie beproewinge in die gesig gestaar het? Ek sou graag met ‘n dawerende ja wou antwoord, maar dit is meer akkuraat om te sê dat dit van die dag afgehang het. Maar ek kyk ook terug op daardie tyd en vra, het dit standvastigheid in my voortgebring? Die antwoord daarop is ‘n besliste ja. En daar is vreugde daarin.
Die woord standvastigheid beteken hier die kenmerk van ‘n persoon wat onwrikbaar is in hul doelbewuste doel en lojaliteit aan geloof en vroomheid, selfs in die grootste beproewings en lyding. Ek was onwrikbaar (deur die genade van God) in my verhouding met die Here. Beteken dit dat dit nie moeilik was nie, of dat ek nooit enige twyfel gehad het nie? Nee.
Daar was baie dae wat ek gevoel het asof God my verlaat het of ek was kwaad oor die manier waarop my lewe afspeel. Wat dit wel beteken, was dat ek, selfs in daardie tye, na die Here gegaan het. Ek het vir Hom my moeilike vrae gevra, ek het hom presies vertel hoe ek voel, ek het Hom vertel van my twyfel. Ek het aangehou om Hom te soek selfs in my beproewings. En die voortdurende soeke na Hom in daardie tyd het gelei tot ‘n standvastigheid wat ek dink nie op enige ander manier voortgebring sou gewees het nie. Ek ken die Here op ‘n ander en dieper manier as wat ek geken het voordat ek deur hierdie dinge gegaan het. So nou, wanneer ek ‘n beproewing in die gesig staar, kan ek dit met ‘n bietjie meer vreugde die hoof bied, met die wete dat dit uiteindelik in my ‘n groter standvastigheid sal voortbring.
Week 5 Uitdaging:
Volharding help ons om ons hoop op die goedheid van God te plaas wanneer ons omstandighede vir ons sê om op te gee. Deur watter omstandighede wandel jy op die oomblik? Is jou omstandighede hopeloos of hoopvol? Hoe kan jy groei in volharding soos jy deur hierdie seisoen wandel, hetsy dit vol uitdagings of seëninge is?
Week 5 Leesplan:
Week 5 Memoriseervers: