Beseël en Veilig

Beseël en Veilig

Wat is die bron van jou sekuriteit? 

Is dit jou gesin? Jou vriende? Jou verhoudings? Jou planne vir jou toekoms?

‘n Onlangse opname het aan die lig gebring dat meer as 60% van vroue kwetsende, selfkritiese gedagtes ervaar en weekliks onsekerheid beleef.

Wanneer ons al die probleme in ag neem wat vroue in ‘n chaotiese en veranderende wêreld in die gesig staar, sal dit jou nie verbaas dat soveel vroue elke dag oorweldigende onsekerhede moet hanteer nie.

God self het ons saam met julle op hierdie vaste grond gevestig: op Christus.  God het ons vir Hom afgesonder, ons as sy eiendom beseël en die Heilige Gees in ons harte gegee as waarborg van wat ons nog sal ontvang.

2 Korintiërs 1:21-22  

Wat is die oplossing vir onstabiliteit en onsekerheid in ‘n onstabiele en chaotiese wêreld?

Vir diegene wat in Jesus Christus glo, kan die antwoord net in God self gevind word.

Van die eerste oomblik af dat sy al haar vertroue en hoop op Jesus Christus plaas, beseël God haar met die beloofde Heilige Gees.

Wanneer God sy seël, die Heilige Gees, in ons plaas, identifiseer Hy permanent dat ons vir ewig aan Hom behoort.

God se seël is die bron van ons veiligheid. Dit sal nooit misluk nie, want God kan nie misluk nie. 

Sodra ons beseël is, kan ons veilig wees in ons identiteit as God se uitverkorene.

Sodra ons beseël is, kan ons veilig wees in God se beloftes aan ons. 

Sodra ons beseël is, kan ons veilig wees in God se doel met ons.

Sodra ons beseël is, kan ons veilig wees in God se beskerming oor ons.

Nie net vir ‘n rukkie nie.

Nie net as ons ‘goed’ is nie.

Maar tot in alle ewigheid.

God is ten volle verbind tot ‘n aktiewe, intieme en persoonlike verhouding met elkeen van sy dogters, selfs op die dae dat ons nie aan Hom toegewyd is nie.

Deur Christus het ook  julle deel geword  van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël.                     -Efesiërs 1:13

Wanneer ons omstandighede onseker is of wanneer die lewe vir ons pyn veroorsaak, onthou ons dat ons vir ewig deur God beseël is.

Wanneer ons worstel met die onstabiliteit wat die lewe uiteraard sal meebring, neem ons ons toevlug tot ons ‘identiteitskaart’, wat deur ons Almagtige God onderteken is. Ons peins dadelik oor God se beloftes van ewige en onvoorwaardelike liefde en ons staan vas op die waarheid dat God vir altyd ons bron van krag, stabiliteit en beskerming is.

Die wêreld kan verander, maar God sal nie.

Mense kan ons in die steek laat, maar God sal nie.

Ek en jy mag dalk sukkel in die lewe, maar God sal nie.

Maak nie saak wat ons doen nie, maak nie saak hoeveel ons misluk nie, God se kinders is vir ewig volkome veilig in God se liefde.

As God daartoe verbind is om aan jou voortdurende versekering te gee dat jy vir altyd Syne is, hoe toegewyd is jy daaraan om te glo dat jy dit besit?

Watter stryd, teleurstelling of hartseer verlei jou om aan jou ewige sekuriteit in God te twyfel? Hoe kan ons vir jou bid soos jy begin om die sekuriteit en stabiliteit in jou lewe slegs in God te vind?

Vrede en genade vir jou,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse