Aanneemlike Offers

Aanneemlike Offers

Deur Julie / 13 November 2020 / Jesus, Ons Alles

God wat vrede gee, het ons Here Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die groot Herder van sy kudde is, uit die dood teruggebring. Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen. Mag Hy deur Jesus Christus in ons tot stand bring wat vir Hom aanneemlik is. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. – Hebreërs 13:20-21

Het jy al ooit gesels met ‘n Christenvriend of -vriendin wat swaarkry? Of ‘n boodskap met ‘n gebedsversoek ontvang? Dit kan soms moeilik wees om te weet wat om te bid, veral as ‘n mens nie baie inligting het nie. Of jy kan self ‘n swaar tyd beleef en sukkel om te bid. Op sulke tye is gebede in die Bybel, soos hierdie een in Hebreërs 13, vir my van groot hulp. Ons kan dieselfde woorde bid en dit as riglyn vir ons gebede gebruik.

Hierdie gebed begin met ‘n beskrywing van God as die God van vrede. Hierdie vrede beteken soveel meer as die afwesigheid van konflik; daar is ‘n geheelheid aan God se vrede. Dit herinner ons aan Paulus se gebed in Filippense 4:7: “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” Wanneer dit moeilik gaan, is dit goed om God se karakter te onthou – Hy is die God van vrede, en Jesus is die beloofde Vredevors van Jesaja 9:6. Dit kan ons aan ander aspekte van God se karakter laat dink waarvoor ons ook dankbaar kan wees.

God het vir ons ware vrede gebring van ons fundamentele probleem met sonde, wat ‘n stryd voer teen die Een na wie se beeld ons geskape is, deur die plaasvervanging van ons dood met Christus s’n. Onder die ou verbond is talle diere sonder gebrek geoffer. “Byna alles word volgens die wet met bloed gereinig, en sonder die vergieting van bloed vind daar geen vergewing plaas nie (Hebreërs 9:22). Hierdie baie offers was egter net ‘n skadubeeld van wat sou kom, hulle het vooruit gewys na die offer wat vir ons almal aan die kruis gebring is. Die ewige verbond is deur God betaal met Christus se bloed wat vir ons geoffer is. Daar is ‘n geliefde ou gesang in Noord-Ierland wat in die koorgedeelte vra –

“Are you washed in the blood, 

In the soul cleansing blood of the Lamb? 

Are your garments spotless? Are they white as snow? 

Are you washed in the blood of the lamb?”

Die skrywer van Hebreërs gee ook vir ons dié beeld van die Herder wat die skape se plek inneem! Dit herinner onsaanJesus se woorde, “Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape” (Johannes 10:11). Daarom kan ons ons sondes teenoor ons deernisvolle God bely. Ons kom met vrymoedigheid deur die bloed van Jesus in sy        teenwoordigheid, en ons bid met harte barstensvol dankbaarheid ‘dat die bloed van Jesus ons van alle sonde reinig’ (1 Johannes 1:7).

Ons weet maar alte goed dat God Jesus weer tot die lewe opgewek het. Dit demonstreer God se mag en oorwinning oor die gevolg van ons sonde – die dood. Jesus se dood en opstanding is die uitgangspunt van ons geloof. Sonder Jesus se opstanding is ons geloof futiel, leeg en nutteloos omdat ons steeds in sonde verkeer en ons – volgens Paulus in 1 Korintiërs 15 – meer bejammerenswaardig as enigiets anders is. Ons kan in die versoeking kom om die idee te aanvaar dat daar baie paaie of weë na God toe is omdat dit na ‘n makliker lewe lyk. Die boek Hebreërs verklaar onomwonde dat Jesus die enigste weg is, want Hy is al een wat op ‘n pynlike wyse ons skuld betaal het! Ons antwoord daarop is om God te loof dat Jesus ons skuld ten volle vereffen het en ons lewens word omvorm terwyl ons strewe om vrugte te dra en Hom aan die wêreld om ons bekend te maak.

Ek hou van die manier hoe hierdie gedeelte sê dat ons toegerus sal word vir die rol wat God vir ons beplan en waarvoor Hy ons geskep het. Watter groot versekering. Ek weet dat ek al oorweldig en onseker gevoel het of ek in staat is om te kan doen waarvoor God my geroep het, maar dan onthou ek sy getrouheid! Wanneer ons op God fokus en onthou dat Hy weet wat ons alles nodig het en dit ook sal voorsien, kan ons met vertroue in geloof verder gaan. Ons bid vir nog meer bereidwilligheid om deur God gebruik te word en dat sy planne en doel ons s’n sal word.

Hierdie verse praat ook van God wat deur ons werk wat aanneemlik of welgevallig (ou vertaling) is. Van die offers in die Ou Testament word gesê dat dit ‘n lieflike geur vir die Here het (byvoorbeeld Numeri 15). Ons lewens moet aanneemlike, lewende offers wees – “En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen” (Romeine 12:1).

Ons kan seker wees dat God ons sal toerus vir die geleenthede en ervarings waarvoor ons te staan kom om aan Hom die eer te bring. Selfs deur ons swaarkry word God se planne nie in die wiele gery nie – aan Hom behoort die heerlikheid tot in alle ewigheid.

Julie

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse