Aan Hierdie Kant Van Die Kruis

Aan Hierdie Kant Van Die Kruis

Deur Sara / 9 November 2020 / Jesus, Ons Alles

In retrospeksie is dinge altyd duideliker, selfs al was die keuse of gebeurtenis op daardie stadium nie duidelik nie. Wanneer ons terugkyk, lyk die korrekte besluit so voor die handliggend.

Daar is gevaar daarin om die perfeksie wat kom uit terugblikke, te glo. Ek erken dat, wanneer ek lees van die Israeliete in die Ou Testament, ek dikwels dink: “Wat doen julle? Duidelik hou julle nie by God se reëls nie.” Maar, kom ons wees eerlik, ek het geen rede om klippe te gooi nie en hulle het geleef met net die glimmer en die hoop van ‘n Messias.

Voor Jesus se geboorte en aardse bediening, was daar was talle getroue volgelinge van God wat die fondasie gelê het vir die Christendom. Hebreërs 11 bespreek hoe “die wêreld was hulle nie werd nie; hulle het rondgeswerf in woestyne en op berge en het in grotte en in gate in die grond gelewe” (vers 38) en “hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie” (vers 39). Hulle individuele aardse verhale het geeïndig voor Christus se opoffering.

Ons neem dit dikwels as vanselfsprekend, maar wat ‘n ongelooflike visie het ons aan hierdie kant van die kruis!

Die belangrikste hiervan is dat ons Jesus nou herken as die Messias en weet dat Hy ter wille van ons sondes gekruisig is. Sy dood het ons verlossing bewerk. Deur genade is ons gered, deur die geloof (Ef. 2:8).

Ons het maklike toegang tot die volle Bybel. Ons kan in retrospeksie sien hoe God vertel het van die koms van Christus en hoe baie van die ou profesieë vervul is.

Ons Christelike lewens aan hierdie kant van die kruis, behoort dieselfde geloof te hê as wat ons voorvaders gehad het, wat “die bekke van leeus toegesluit het” en “vuurvlamme geblus” het (Heb. 11:33-34). Maar ons word nie gebind deur die wette van die Ou Testament nie.  Ons word nie beoordeel volgens ons werke nie, ons is gered uit genade.

Ons moet leef en van die waarheid van die Evangelie getuig:

  •  Ons is nie meer slawe van die sonde nie (Rom. 6:6)
  •  Ons is uitverkies, verlos en vergewe (Ef. 1:4, 7)
  • Ons is kinders van God (Joh. 1:12)

Ons is so geseënd om aan hierdie kant van die kruis te wees. Kom ons leer deur terug te kyk, terwyl ons ook vorentoe nael om die Goeie Nuus wat ons ken, te deel.

Week 6 Uitdaging:

Soos ons die studie van Hebreërs afsluit, word ons vermaan om ons oë op Jesus te hou (Heb. 12:2). Wat beteken dit? Hoe kan jy jou oë gevestig hou op Jesus? Maak hierdie week ‘n lys van twee praktiese dinge wat jy elke dag kan doen om jou aandag op Jesus gevestig te hou. Deel hierdie dinge met ‘n vriendin en vra haar om jou aanspreeklik te hou.

Week 6 Leesplan:

Week 6 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse