Troos in moeilike tye

Troos in moeilike tye

Mary Leslie

Verlede jaar het ek in die loop van drie maande, twee beste vriende verloor. Een is ná ‘n jare lange stryd teen kanker oorlede en het sy vrou en vier kinders agtergelaat. My ander vriend is skielik in ‘n tragiese motorongeluk oorlede en het sy vrou en twee jong kinders agtergelaat. Albei hierdie verliese was so verwoestend en dit was regtig moeilik om my weg deur die hartseer te vind. Ek het geweet ek moet na die Here kyk om my te help en te onderhou.

Die week voor my tweede vriend se afsterwe het ek ‘n Bybelstudie gedoen en dit was oor ‘n besonder moeilike deel van die Skrif. Een van die dinge wat die skrywer ons aangemoedig het om te doen, was om te onthou dat wanneer ons moeilike gedeeltes teëkom om te onthou dat God se karakter nie verander nie. Ons begin met die waarheid dat God goed is en bou dan ons begrip van die Skrifgedeelte op daardie fondasie. Ek moes daardie selfde beginsel toepas toe my vriende oorlede is. Ek moes onthou dat God goed is—dit was my fondasie—en dan moes ek probeer om my omstandighede in die lig van daardie waarheid te verstaan.

Ek het geweet ek moet my hoop plaas op wie Hy is, nie wat om my aangaan nie. Dit beteken nie dat ek nie hoef te treur nie, ek het, maar my hartseer moes gelei word deur sy karakter. Sy Woord sê vir my wie Hy is, daarom het ek geweet ek moet sy Woord onthou en gereeld na sy Woord gaan. Dit is uit sy Woord dat ek hoop en vertroosting kan vind in enige beproewing wat ek beleef.

Daar was baie dae, veral in die begin, toe ek gesukkel het om die waarheid te glo van wie God is. Ek het sy Woord geken, ek het geweet dit is waar, maar ek het net gesukkel om te glo. Ek het gevoel ek leef in “Ek glo maar help my ongeloof.” Ek het gesukkel om my hoop in Hom en in sy Woord te plaas. In daardie oomblikke moes ek na die Here draai en hom vra om my te help, om my te help onthou wie Hy is, my te help om op Hom te hoop en my te help om troos in sy Woord te vind.

Ek hou van hoe Psalm 119:49 sê “waarin U my laat hoop het.” Selfs wanneer ek sukkel om my hoop in sy Woord te plaas, is Hy in staat om my my hoop op sy Woord te laat plaas. Hy kan my herinner aan wie Hy is, maak nie saak wat om my aangaan nie.

Die versoeking vir my is om na ander dinge te gaan om my te troos in my ellende—TV, sosiale media, vriende en baie ander dinge. Alhoewel dit nie slegte dinge is nie, sal dit my uiteindelik nie die troos gee wat ek regtig nodig het nie. God en sy Woord is die dinge wat vir my (en jou) bring waarna ons regtig soek in tye van swaarkry. Dit is Jesus wat my hoop gee; dit is sy Woord wat my hoop gee.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse