Die koning en Haman het toe gaan sit en drink, maar die stad self was in beroering. Ester 3:15
Ek weet nie van jou nie, maar ek is nogal gou om hierdie koning, Koning Ahasveros, te veroordeel oor sy ondiplomatiese houding en gevoellose hart oor wat hy pas gedoen het. Hy gaan drink saam met Haman, ongeërg oor hoe sy besluit ander gaan raak. Hy is heel tevrede om te eet, drink en vrolik te wees want dit raak hom nie (of dit bevoordeel hom). Hy het die euwel Haman sy seëlring gegee, wat beteken dat Haman onder die volle outoriteit van die koning kon optree.
Maar dis my sondige hart wat wil vinger wys sodat ek nie na myself hoef te kyk nie. Hoe naby is die ooreenkoms tussen myself en hierdie selfsugtige koning?
Wanneer ek daardie wysvinger omdraai en na die feite kyk, is ek nie eintlik soveel anders as hierdie koning nie. Kom ons kyk ‘n bietjie eerlik na onsself voordat ons klippe gooi.
Hier is ‘n paar gedagtes oor die onderwerp uit die Kommentaar oor Ester. Lees hierdie woorde noukeurig.
“As ons na ons persoonlike lewens kyk, kan ons dalk agterkom dat ons nie eintlik anders is nie. Wat dryf ons om die dinge te doen wat ons doen? Dink ons mooi voordat ons optree? Word ons aangespoor deur evangelie-gerigte logika in al ons besluitnemings? Of het ons die seëlring van ons lewe oorhandig aan die vyand van ons siel wat ons bedrieg het met sy vlak logika wat van ons slawe van ons begeertes gemaak het? Baie van ons het ons integriteit vir heelwat minder as Ahasveros verkoop… Ons is dikwels trots op onsself omdat ons nie enige groot sondes gedoen het nie, maar is dit nie juis die nietigheid van ons sondes wat ons veroordeel nie? Hoe min het ons ontvang in ruil vir ons integriteit! Vir hoe goedkoop was ons bereid om onsself te verkoop.”
Dis gewigtig, of hoe? En wanneer ek net na myself en my sonde kyk, voel dit of ek in “dieptes van wanhoop” kan wegsink. Alhoewel ons nie geroep word om te alle tye in wanhoop te sit nie, is dit belangrik dat ons die tyd neem om te volle gewig van ons sondes te vesef. Wanneer ons dit doen, kan ons verstaan hoe GROOT die hoop is wat ons in Christus het! Ons kan weet:
As gevolg van die Kruis, het ek hoop!
As gevolg van die Kruis, is ek verlos!
As gevolg van die Kruis is my seëlring oorhandig aan die Here van die Here!
As gevolg van die Kruis is môre ‘n nuwe dag sonder foute!
En hierdie goeie nuus bevry ons van slawerny en draai ons harte in aanbidding na die Almagtige Koning wat altyd in ons beste belang optree. As ons in Christus is, behoort ons seëlring aan Hom. Ons is nie meer soos Koning Ahasveros, slawe van ons begeertes nie, maar ons is slawe van geregtigheid!
Maar ons dank God dat julle wat slawe van die sonde was, van harte gehoorsaam geword het aan die leer soos julle dit deur die oorlewering ontvang het. Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen. (Romeine 6:17-18)
Wees vandag verheug oor hierdie goeie nuus, liewe vriendinne!
Alles vir Jesus,
Joy
Week 3 Uitdaging:
Neem hierdie week elke oggend vyf minute om op jou knieë te gaan en voor die Here, jou Skepper, te kniel. Spandeer tyd om Hom te aanbid.
Week 3 Leesplan:
Week 3 Memoriseervers: