Ten Volle Oortuig

Ten Volle Oortuig

Cristin Tippin

In seisone van lyding kan hoop ‘n moeilike ding wees om aan vas te hou. Seisoene waar ons hoopvol is, kan verander in seisoene van moegheid, hartseer, twyfel en wanhoop terwyl lyding voortduur.  

Ek en my man het jare lank gehoop om ons gesin te laat groei, maar hoop om ouers te word het uiteindelik in ‘n stryd verander om eenheid in ons huwelik te bewaar. Hoop om saam met vriende en familie fees te vier het verander in gespanne verhoudings met die mense vir wie ons lief is. Hoop om ‘n groeiende baba op ‘n sonogram te sien het verander in maande van uitvind ons is nie swanger nie.

Terwyl ons onvrugbaarheid verduur het, het die hoop om ‘n seisoen van ouerskap te betree, gekom en gegaan. Soms het ek selfs gevind dat ek met twyfel worstel en God se goedheid, sy tydsberekening en sy getrouheid bevraagteken. Maar eendag het God my sagkens gewys dat ek my hoop in sy gawes probeer vind en nie in die Gewer van die gawes nie. Hy het my daaraan herinner dat hoewel dit goed is om te hoop op ‘n kind of ander goeie gawes wat Hy vir ons kan gee, ons hoop nie in hierdie dinge gevind word nie. Ons hoop kan net in Hom gevind word.

Hoop is die vertroue om op God te wag wanneer ons nie die toekoms kan sien nie.

Selfs wanneer ons nie die toekoms kan sien en seker kan wees van die uitkoms nie, kan ons seker wees van Hom. ‘n God wat getrou is al is ons ontrou (2 Timoteus 2:13). ‘n God wat verseker alles ten goede laat meewerk (Romeine 8:28).

Dit gee my groot hoop.

Hoop dat God ‘n werk doen wat ek nie sou glo as dit vertel word nie (Habakuk 1:5). Hoop dat my lyding nie verniet is nie. Hoop dat my lyding eendag sal eindig en Hy alles sal nuut maak (Openbaring 21:5). Hoop dat God getrou sal wees om die werk wat Hy in my begin het, te voltooi (Filippense 1:6). Hoop dat God mag het om te doen wat Hy belowe het (Romeine 4:21).

Week 4 Uitdaging:

Hierdie week gaan ons kyk na die lewens van mans en vroue in die Skrif wat hoop in God se karakter getoon het. Hoe word jy bemoedig terwyl jy oor hulle lewens en geloof nadink? Hoe gee hulle lewens jou die vertroue dat jy ook op God kan hoop? Is enige van hierdie verhale soortgelyk aan joune?

Week 4 Leesplan:

Week 4 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse