Onthou Christus se woorde

Onthou Christus se woorde 

Jen Thorn

Maria Magdalena was die eerste een wat Jesus gesien het na sy opstanding.  Ek verheug my daarin dat die Here vroue uitgekies het om die eerstes te wees wat ontdek het dat die graf leeg was.  Toe ons uitvind dat ons ‘n dogtertjie verwag, het ons haar Madeline genoem, ‘n afleiding van Magdelenna Maria Magdalena.

In Jesus se tyd, was dit ‘n belangrike saak dat die vroue die eerstes was wat Hom gesien.  In Jesus se tyd, was vroue nie gerespekteer soos mans nie, en hulle het baie min regte gehad.  Maar God, op sy subtiele manier, het gewys dat alle mense eenders geskape is en gelyke waarde en belangrikheid het.

Toe die Engel aan die vroue verskyn het en hulle vertel het dat die graf leeg was, het Hy beroep gedoen op hulle geheue oor die dinge wat Jesus aan hulle vertel het oor Sy dood.  Jesus het nie net aan hulle vertel dat Hy sou doodgaan nie, Hy het ook aan hulle hoop gegee dat Hy weer sou opstaan, dat die dood nie die finale sê sou hê nie.

Alhoewel Sy dood nodig was om versoening vir ons sondes te bring, het Hy ook die vloek van die sonde oorkom deurdat Hy die dood oorwin het.  Op die derde dag, het Hy weer opgestaan, oorwinnaar oor sonde, dood en satan.

Jesus se dood en Sy opstanding, gaan hand aan hand.  ‘n Dooie Verlosser sou nie enige iets vir ons beteken het nie.  Ons het ‘n Verlosser nodig gehad wat alle dinge kon oorwin.  Dood ingesluit.  Dit vind ons in Jesus, ons Heer. 

Soos die vroue by die graf, moet ons beter vaar daarmee om te onthou wat Jesus gesê het.  Die woorde in die Bybel is geskrewe woorde, nie net vir die mense van Jesus se tyd nie, maar ook vir ons.  Sy woorde gee ons hoop en vrede.  Wanneer ons lewens lyk asof dit buite beheer raak, kan ons die leringe van Jesus onthou, en dit bring hoop en vrede in ons lewens.

Die vroue in die Bybel moes alles onthou wat Jesus aan hulle vertel het, want dit was nog nie neergeskryf nie.  Vandag het ons dit baie maklik: alles wat God graag wil hê ons moet weet aangaande Hom, wat Hy gedoen het, wie ons is en hoe ons behoort te lewe, vind ons in die Bybel.  Kom en laat hierdie ‘n jaar wees waarin ons onsself verbind daartoe om God se Woord te bestudeer sodat ons kan groei in begrip, liefde en heiligheid.  Op hierdie manier kan ons eer en glorie bring aan ons Verlosser wat Homself geoffer het vir ons.

Kyk na Jesus,

Week 5 Uitdaging:  Die opstanding van Jesus verander ons sosiaal.  Dit gee aan ons eenheid met God en eenheid met mekaar.  Dink hierdie week aan twee dinge wat jy kan doen om meer eenheid in jou plaaslike kerk te bevorder en doen dit dan.

Week 5 Leesplan

Week 5 Memoriseervers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse