Gaan en Vertel

Gaan en Vertel

Terria Moore

“Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.” – Matteus 28:19-20

As ‘n samelewing is ons meer as ooit verbind aan die digitale wêreld. Ons kan binne sekondes met mense wat tienduisend kilometers van ons af is, in aanraking kom. Ons is in staat om deel van ‘n globale, wêreldwye gemeenskap te wees. Maar is ons?

Hoe is dit dat ons, wat sekerlik die generasie is wat die meeste in verbinding is met ander mense, meer as ooit voel dat ons nie waarlik konneksie met ander het nie?

Ons is geskape om ‘n verhouding met God en met ander te hê. Somtyds bevredig sosiale media nie ten volle die behoefte aan gemeenskap vir lang en gesonde verhoudings nie.

Wanneer ons aanlyn met ander interaksie het, ontbreek belangrike elemente van gesprekke, soos om fisiese, verbale en emosionele leidrade waar te neem. Sonder hierdie elemente sal ons interaksie met ander altyd voel asof dit tekortskiet.

Hoe bou ons dus hierdie gemeenskap met ander waarna ons smag, onderwyl ons in hierdie digitale wêreld leef? Dit mag tyd wees om te af te skakel, sodat ons waarlik met ander in verbinding kan wees.  

God roep sy kinders daartoe om te gaan en ander te vertel van die opgestane Jesus Christus. Wanneer hulle hul sondes bely en glo in Hom as Here en Verlosser, word hulle gedoop. Dan leer ons hulle om Jesus se opdragte te gehoorsaam. Dit is ‘n Christen se opdrag, ons Sendingopdrag.

Jesus nooi ons almal om te “kom en sien” en dan om te “gaan en vertel.”

Kom ons kyk na wat ‘n Christen werklik geroep is om te doen.

“Gaan en maak dissipels” beteken dat ons moet evangeliseer. Ons is almal geroep om die Goeie Nuus van Christus te deel. Hoe is jy besig om dissipels te maak in jou eie familie en jou invloedsfeer?

“Doop hulle.” Doop met water is ‘n uiterlike, sigbare teken van ‘n innerlike verandering om Jesus Christus jou Here en Verlosser te maak. Die ware doop waarna die doop met water wys, is die doop met die Heilige Gees waartydens die Heilige Gees ‘n persoon se hart binnekom.

“Leer hulle om alles te onderhou.” ‘n Persoon wat ‘n Christen word is soos ‘n pasgebore baba. Die baba moet gevoed word, groei en geleer  word om volwassenheid te bereik. Evangelisasie alleen vervul nie die Sendingopdrag nie. Om eenvoudig net te doop, vervul nie die Sendingopdrag nie. Die Sendingopdrag word gevolg wanneer al drie komponente bereik word.

Selfs alhoewel ons met ‘n groot opdrag gelaat word, word ons met selfs ‘n groter belofte gelaat: Jesus se teenwoordigheid. Hy is altyd met ons. Ons wat Hom vertrou sal altyd met Hom wees. Soos ons bewustelik die teenwoordigheid van Jesus ervaar en geniet, sal Hy ons bekragtig om sy opdrag te vervul.

Hoe kan ons dus afskakel sodat ons waarlik konneksie met ander kan hê? In plaas daarvan om te fokus op hoeveel vriende jy op sosiale media het, fokus daarop om betekenisvolle verhoudings met die mense rondom jou te hê. In plaas daarvan om te kyk hoeveel mense reageer op jou foto’s op sosiale media, luister eerder met jou hart na iemand in jou gemeenskap. In plaas daarvan om oppervlakkige, betekenislose gesprekke te hê, maak op ‘n dieper vlak kontak met iemand anders. Bly in verbinding met jou aanlyn gemeenskap, maar maak die meeste van jou tyd met diegene wat jy elke dag sien wat dalk nie vir God ken nie. Dra Jesus oor in iemand anders se lewe totdat jou hart vol is.

Wie vra Jesus vir jou reg nou om ‘n dissipel vir Hom te maak? Sal jy gaan? Hoe kan ons vir jou bid terwyl jy die Sendingopdrag jou realiteit maak?

Vrede en genade vir jou,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse