Draai na Ware Vryheid

Draai na Ware Vryheid

Mary Leslie Racine

Wat beteken dit om te bekeer? Dit is ‘n vraag wat ek myself op ‘n gereelde basis vra. Wat beteken dit en hoe lyk dit werklik in my daaglikse lewe?

In ons kerk se kinderbediening is daar elke maand ‘n fundamentele vraag wat gevra en beantwoord word. ‘n Paar maande gelede was die vraag: “Wat is bekering?” Die antwoord was: “Bekering is om weg te draai van sonde en na Jesus toe.”

Ek hou van die diepte van daardie antwoord, maar ook van die eenvoud. Dit help my om te besef dat bekering tweeledig is. Dit is om weg te draai van sonde, maar dit is nie net dit nie. Daar is ‘n tweede deel van bekering en daardie tweede deel is wat ons ware hoop gee. Die tweede deel is om na Jesus te draai. Dit is in Hom dat ons vergifnis vind. Dit is ook waar ons die pad vorentoe, weg van sonde vind.

Wanneer ek kyk na Jesus en alles wat Hy vir my gedoen het, dan is dit wanneer ek my sonde sien vir wat dit is en ek waarlik van daardie sonde wil wegdraai.

Wanneer ons by Psalm 51 kom, vind ons Dawid nadat hy gesondig het teen Batseba, Uria, en die belangrikste, teen God. Die profeet, Natan, het hom oor sy sonde gekonfronteer. Die eerste ding wat ons Dawid sien doen, is om sy sonde te erken. Ek weet nie van jou nie, maar soms is dit vir my die moeilikste stap. Ek sien dikwels óf nie my sonde nie, óf wil dit nie as sonde erken nie. Ek wil dít wat ek doen, regverdig. Egte vryheid van sonde kom egter wanneer ek my sonde herken, dit noem wat dit is en daarvan wegdraai.

Dawid het sy sonde erken en toe op God vertrou om genade te vind. Hy het nie na God toe gekom met verskonings of vir God vertel van alles wat hy gedoen het om “op te maak” daarvoor nie. Ons sien hoe hy in nederigheid kom, sy sonde erken en God vra om hom genadig te wees volgens wie God is, naamlik liefdevol, deernisvol en in staat om sonde weg te was en te reinig.

Soos ons sonde in ons lewe herken, moet ons met God saamstem dat dit sonde is. Dan moet ons doelbewus kies om van die sonde af te draai en na Jesus te kyk om ons te help om nie daarin voort te gaan nie. Soms is bekering om een ​​keer ‘n sonde te sien, daarvan af weg te draai en dan nooit terug te keer nie. Dikwels is dit egter dag-vir-dag bekering van dieselfde sondes, oor en oor. Dit is om voortdurend van ons sonde af te draai, na Jesus toe te draai en te vertrou dat ons in Hom, vergifnis en die vryheid van daardie sonde het.

Vryheid kan vandag begin. Sal jy na Jesus draai?

 

Week 3 Uitdaging:

Bekering is ‘n geestelike dissipline. Dit vereis ‘n nederige hart en ‘n erkennig van ons sonde. Hierdie week, soos ons bekering bestudeer, maak dit deel van jou dag. Soos ons poog om ons lewens te vul met die dinge van God te midde van ons vas, voeg bekering by jou roetine, maak jou hart nederig voor God en bely jou sonde.

Week 3 Leesplan:

Week 3 Memoriseervers:

Mary Leslie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse