Een van my predikante sê altyd: “gebed is tweevoudig.” Een is smeking, wat beteken om jou versoeke na God te bring en die ander is aksie. Hy sê wanneer ons bid, hoor God en beweeg Hy om dit te doen waarvoor ons Hom gevra het, veral wanneer ons gebede van geloof bid.
Wanneer ons bid moet ons aksies ooreenstem met die gebede waarvoor ons gebid het. Ek kan nie bid vir finansiële groei en myself steeds verkleineer vir hoe klein en arm ek lyk en nie glo dat God iets sal doen nie. Wat ek moet doen is om my hart te open vir wat God mag sê rakende my situasie. Ek moet met ywer vertrou dat Hy my hoor en dat Hy omgee, selfs al kom antwoorde nie dadelik nie. God mag idees, selfs vrede en kennis oor sekere dinge bied in antwoord op my gebede, of Hy kan sê dat ek Hom moet vertrou en geduldig wag. Die Bybel sê dat ons in geloof en met vertroue moet bid, wetende dat Hy ons hoor.
Ons liefde en toewyding aan God word gewys deur ons gehoorsaamheid aan sy instruksies. ‘n Ware kind van God streef daagliks om in gehoorsaamheid aan God te leef. ‘n Ware kind van God maak nie ‘n gewoonte daarvan om te sondig nie. ‘n Ware kind van God se daaglikse begeerte is om haar lewe te leef op grond van wat God sê, om by die waarheid te leef en te doen wat reg is, ongeag die koste.
Om die Woord van God uit te leef is soveel meer belangrik as om daarna te luister. Om die waarheid te sê, die Hebreeuse woord vir luister is nie net om jou gehoorsintuie te gebruik om ‘n boodskap te ontvang nie, maar dit is vir jou lewe om te lyk soos dít wat jy gehoor het, vir jou aksies om die woorde wat jy gehoor het te weerspieël.
Om in ons wêreld vir Christus te leef is nie net om ‘n Christen genoem te word nie. So baie mense word Christene genoem, maar hulle lewens lyk geensins soos Christus nie. Om vir Christus te leef beteken om soos Hy te leef. Die dissipels is eerste Christene genoem omdat mense hulle lewens gesien het en besef het dat hulle hierdie soort lewenstyl voorheen gesien het. Hulle het dit in Christus gesien. Om vir Christus te leef is om ons lewens te vorm soos sy lewe. Dit is om ons gedagtes, woorde en aksies te vorm op wat sy Woord sê hoe dit moet wees. Die manier van die wêreld is volkome teen die manier van God. So lank as wat iemand leef volgens die wêreld, kan sy nie vir Christus leef nie. Die wyses van God word gevind in wat Hy sê en vir gelowiges, bring die Heilige Gees hierdie dinge tot ons gedagtes en help ons om getrou in hierdie waarhede te wandel.
Om waarlik en volkome vir Christus te leef, moet ek myself oorgee om aan sy Woord gehoorsaam te wees. Ek moet daagliks kies om in my gedagtes en my aksies vir Christus te staan. Enige iets weg van dit sal wees om in valsheid te leef.
Hoe meer ons in gehoorsaamheid leef, hoe meer word ons lewens verander na die volle gestalte van Christus, wat die outeur en voleinder van ons geloof is. Hy is die doel en die reis.
My gebed vir jou en vir my is dat ons daagliks sal leef soos Jesus geleef het—in volkome gehoorsaamheid aan die wil van ons Vader. Amen.