Beweeg Met Vertroue Vorentoe

Ek wonder wat Ester gevoel het toe sy op die derde dag na die sonsopkoms gekyk het.

“Op die derde dag het Ester haar koninklike klere aangetrek en in die binneste voorhof van die paleis gaan staan…” (Ester 5:1)

Dit was die dag waarop Ester òf ‘n heldin sou word òf sou sterf. As ek in Ester se skoene gestaan het, is ek redelik seker dat ek in die versoeking sou wees om terug te kruip in die bed, die komberse oor my kop te trek en desperaat te bid dat God ‘n ander vrou en ‘n ander manier sou vind om sy mense te red. Ek sou vra:

Hoekom ek? 

Waarom hier? 

Waarom nou?

Dit is vrae wat ons dikwels aan God vra wanneer Hy ons roep om dapper te wees in situasies wat nie so ideaal is nie. O, ons is dapper in die voorbereiding, maar wanneer dit tyd is om die volgende stap te neemkan ons so maklik in vrees terugdeins. Ons dink: “Is daar nie ‘n makliker manier nie, Vader? Daar is sekerlik iemand anders wat meer bekwaam is … meer beskikbaar … meer – ek weet nie – “gebou” om hierdie soort goed te hanteer?

Maar Ester het, in plaas twyfel en drama, geantwoord met:

“Dan sal ek gaan.”

Van voorbereiding tot diens. Uit van onder die komberse, na die moeilike plekke. Ek wil ook onder die komberse uitkruip. Wil jy nie ook nie? Ek wil nie terugkyk op my lewe en besef dat ek deur al my geskuil, vermy en wegwens van moeilike dinge, uitgemis het op kanse om deur God gebruik te word nie. Uiteindelik sal ons tog moet opstaan, opdaag en met baie wysheid en vertroue in die Een wat die wêreld in sy hande hou, besig moet raak op die moeilike plekke waarheen Hy ons geroep het.

Hoe kan ons met selfvertroue die moeilike plekke betree waartoe God ons geroep het en vroue word wat God kan gebruik? Laat ons saam leer vanuit Ester 5: 

  1. ‘n Vrou wat God op moeilike plekke kan gebruik, is bereid om daardie dapper eerste stap te neem.

Dit is een ding om te dat jy moeilike dinge gaan doen, maar dit is iets heel anders om daardie eerste stap te neem en in die ‘binnehof’ te staan, bereid om alles op te offer. In die begin van hoofstuk 5, sien ons Ester inkom om die koning te nader. ‘n Vrou wat God kan gebruik, doen meer as net praat. Na deeglike voorbereiding volg sy idees op met aksie, volhard sy, en sy laat vrees nie in haar pad staan ​​om daardie eerste dapper stap te neem nie. Sy weet dat die oorwinning van die Here is (Spr. 21:31). 

  1. ‘n Vrou wat God op die moeilike plekke kan gebruik, weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly.

Die Bybel is propvol verse wat praat oor die tong en die krag daarvan. Dit het die potensiaal om ten goede gebruik te word, maar daar is ook ‘n groot gevaar om te veel woorde te praat (Spr. 10:19). Dit is vir my mooi, verfrissend en oortuigend dat wanneer Ester in hoofstuk 5 die binnehof van die koning se paleis binnegaan, sy die koning se guns wen sonder om eers ‘n woord te spreek. ‘n Vrou wat God kan gebruik, weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly, want sy weet dat dit God alleen is wat die mag het om in die harte van konings te werk (Spr. 21:1).

  1. ‘n Vrou wat God op die moeilike plekke kan gebruik, wen respek in plaas daarvan om dit te vereis.

In hoofstuk 5 sien ons ‘n skrille kontras tussen die manier waarop Ester voor die koning verskyn en die manier waarop Haman Mordegai se oneerbiedigheid teenoor hom hanteer. Ester is nederig, doelgerig en wys in haar benadering, en Haman reageer met trots, toorn en wraak. ‘n Vrou wat God kan gebruik wen respek in plaas daarvan om dit op te eis, omdat sy haar identiteit en waarde in Christus vind in plaas van uit die dinge van hierdie wêreld (Kol. 3:3).

  1. ‘n Vrou wat God op moeilike plekke kan gebruik, weet dat God se doel met haar lewe nie net oor haar gaan nie.

Die guns wat tot in hierdie stadium op die lewe van Ester rus, is buitengewoon. Hierdie meisie het van weeskind na koningin gegaan, en in hoofstuk 5 is Ahasveros bereid om haar selfs tot die helfte van sy koninkryk aan te bied. Maar Ester is nie tevrede met gemak nie, en sy word nie maklik deur roem en rykdom beïnvloed nie. Ester onthou die taak waarvoor sy geroep is, en sy onthou die lewens wat op die spel is. ‘n Vrou wat God kan gebruik, weet dat God se doel met haar lewe nie net oor haar gaan nie, want sy onthou ‘n wêreld wat ‘n Verlosser nodig het (1 Kor. 15:57).

Sal jy hierdie week die moeilike plekke betree?

By Sy voete,

Whitney

Week 4 Uitdaging: 

Neem ‘n paar minute hierdie week om terug te dink aan jou lewe en ‘n tyd te onthou toe God duidelik voor jou uitgegaan het en in ‘n moeilike situasie die pad voorberei het. Skryf dan ‘n gebed van danksegging aan God en erken sy krag, teenwoordigheid en voorsiening in jou lewe.

Week 4 Leesplan:

Week 4 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs