Wag Op Die Here

Om te wag! Dit is vir die meeste van ons so moeilik. Ons hou nie daarvan om te wag nie. Om die waarheid te sê, die tegnologiese vooruitgang het veroorsaak dat ons nog minder daarvan hou om te wag, want alles is vinnig. Selfs die gedagte dat ons vir enige iets moet wag frustreer ons. En ongelukkig het ons op die een of ander manier daardie gesindheid in ons verhouding met God ingebring. Wanneer Hy ons nie antwoord wanneer ons wil hê Hy moet antwoord nie, soek ons na ander weë of skop en skree ons soos klein kindertjies. Selfs wanneer Hy benadruk het dat ons moet wag, is dit steeds vir ons baie moeilik om te wag.

In beide Skrifgedeeltes wat ons vandag gelees het, sien ons egter die voordeel van om op die Here te wag. Wat doen om te wag vir die kind van God? Dit leer jou volkome afhanklikheid van God en dit bou die kapasiteit in jou om dít wat God in en deur jou wil doen, te hanteer.

Om te wag suiwer jou karakter. Dit maak jou volwasse. Dit neem dít wat oortollig is weg en bou ‘n volhoudende gees in jou. Metafories gesê, om te wag transformeer kinders na volwassenes.

Wanneer ons leer om te wag en ons doen dit op ‘n goeie wyse (ek bedoel dat ons nie ons dae deurbring deur te kla en in selfbejammering te sit nie), bring ons ons dae deur deur te doen wat God wil hê. Ons spandeer ons dae in vreugde, dankbaarheid en tevredenheid wat hoop inspireer vir wat nog gaan kom.

Om op ‘n goeie wyse te wag hef ons op en hef ons na dít wat God gesê het sal gebeur. Om te wag verbrand die eie ek en selfsugtigheid van ons af weg en open ons harte vir God se mense.

Ek weet nie vir hoe lank jy al wag vir ‘n belofte van God om te gebeur nie of vir hoe lank jy vir iets of iemand wag nie. Ek wag ook en dit is nie ‘n maklike seisoen nie. Wat my verstand gesond hou is die woorde wat God vir my gesê het. Ek hou hulle na aan my hart.

Wanneer die situasies van die lewe daardie woorde van my wil steel, leer ek om tot God uit te roep vir hulp. Omring jouself met God se kinders, want hulle is ‘n wonderlike bron van ondersteuning. Hulle sal jou aanspoor en bemoedig om te wag vir die vervulling van wat God gesê het. Om die waarheid te sê, hulle sal luister wanneer jy oor jou gevoelens wil praat. Hulle sal jou dan troos en jou fokus weer rig op God.

Bowenal, praat altyd met God. Vertel Hom waar dit seermaak en hoe jou krag jou in die steek laat. In sy barmhartigheid sal Hy jou voorsien met die krag om Hom te eer en te gehoorsaam, selfs in jou tyd van wag.

Wag op die Here en hou moed. Soos jy op God wag, sal jou oë sien hoe Hy deurkom vir jou.

God seën jou,

Ebos

Week 5 Uitdaging:

Neem tyd, word stil en ondersoek jou hart. Is waarheidsliefde en die eer van God op die voorgrond van jou hart? Watter stappe kan jy neem om ‘n vrou van waarheidsgetrouheid te word en te groei daarin?

Week 5 Leesplan:

Week 5 Memoriseervers:

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs