Spring van Vreugde

My vriendin het my saamgenooi na ‘n aanbiddingskonsert by haar kerk, en ons het daar aangekom net toe die musiek ‘n hoogtepunt begin bereik. Ons het by twee leë sitplekke in die agterste ry van die ouditorium ingegeglip, maar eintlik die res van die diens op ons voete gebly.

Ek het nog nooit ‘n geleentheid bygewoon wat so vreugdevol en feestelik was nie. Oral om my het mense letterlik op die maat van die musiek op en af gespring. Met hul hande in lofprysing omhoog, het hulle hul harte in jubelsang opgehef na die Here, “Ek weet my God het ‘n weg vir ny gemaak. Redding is hier.” [“I know my God made a way for me. Salvation is here.”]

Maria se vreugdevolle loflied wat in Lukas hoofstuk 1 opgeteken is, verklaar ook: My Verlosser is hier. Nadat God se volk duisende jare lank met groot verwagting op sy koms gewag het, het die engel uiteindelik die wonder van die Messias se koms aangekondig. Halleluja! Oorweldig deur die nuus, het Maria se hart van vreugde opgespring en het onbeteuelde aanbidding uit haar mond gestroom.

Die Geesgeïnspireerde woorde wat Maria sing kom uit twaalf betekenisvolle gedeeltes in die Ou Testament. Sy moes ongetwyfeld aansienlik tyd bestee het aan die bestudering van die Skrif. Nou, in plaas daarvan om toe te laat dat onsekerheid oor haar toekoms haar met vrees vervul, mediteer sy oor die waarheid. Haar hart het die beloftes van God se Woord bewaar, en dit het in lofprysing oor haar lippe gestort.

Hoe dit ook al sy, Maria het geweet God het vir haar ‘n weg gebaan, en Hy sou aanhou om haar te verlos. Dieselfde Wegmaker wat die waters oopgekloof en sy kinders uit slawerny in Egipte uitgelei het, sou haar voetstappe oor elke hindernis lei. Deur die Here “my Verlosser” te noem, erken hierdie nederige diensmeisie haar volkome afhanklikheid van sy genade. Sy het ten volle vertrou dat die Almagtige haar altyd sou red, volkome verlossing sou bring en haar vreugde herstel.

Met onwrikbare geloof gee sy uiting aan die emosies, begeertes en hartstog van haar siel om voortdurend die grootheid van die Here te verheerlik. Haar enigste begeerte was om sy naam al groter te maak en sy goedheid en heerlikheid groot te maak. Sy onderwerp haar hele wese aan lofprysing en besluit om te “juig” oor die getrouheid van haar Verlosser.

Vriendin, ek en jy kan ons ook net so daartoe verbind om die Here “groot” te maak. In plaas daarvan om toe te laat dat vrees oor moeilike omstandighede ons harte beetpak, kan ons fokus op God se onveranderlike karakter en ons oor ons verlossing verheug. Die Hebreeuse woord vir “verheug” beskryf iemand wat letterlik van vreugde spring. Wanneer ons ons gedagtes rig op hoe God Jesus gestuur het om vir ons sondes aan die kruis te betaal, kan ons nie anders as om dit met onbeskryflike en uitbundige vreugde te vier nie.

Dink ‘n paar minute na oor hoe God jou gered het. Jou sondes van die verlede is as gevolg van Jesus vergewe. Jy het vrede om vandag met die hulp van die Heilige Gees die mag van versoeking te bowe te kom. Jy kan seker wees dat jou ewige toekoms heeltemal veilig is, en dat God self eendag al jou trane sal afvee. Laat die lofviering begin!

Hierdie Advent kan jy ons Verlosser sonder voorbehoud aanbid. Met hande in lofprysing omhoog, laat ons ons harte jubelend na die Here verhef en sing, “Ek weet my God het ‘n weg vir my gemaak. Redding is hier.”

Lyli

Week 3 Uitdaging:

“As jy na die wêreld kyk sal jy benoud wees. As jy na binne kyk sal jy depressief wees. As jy na God kyk sal jy rustig wees.” (Corrie Ten Boom) Maria wys vir ons in haar loflied dat sy ten spyte van haar moeilike omstandighede kon rus en selfs in God kon jubel. Terwyl ons hierdie week die Magnificat bestudeer, probeer om te dink aan spesifieke dinge waarvoor jy God kan loof. Hou ook aan om hierdie gedeelte te memoriseer. Hersien wat jy die afgelope twee weke gememoriseer het en begin hierdie week Lukas 1:51-53 memoriseer.

Week 3 Leesplan:

Week 3 Memoriseervers:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Word in Kennis Gestel Wanneer Nuwe Blogs Verskyn

Mees Onlangse Blogs