Woorde Wat Lewe Gee

Woorde Wat Lewe Gee

Deur Angela / 29 Mei 2020 / Vrees en Angs

Ek het die voorreg om drie dogters groot te maak. As ek ‘n dollar gehad het vir elke keer wanneer iemand vir my iets gesê het oor die feit dat ek drie meisies grootmaak en dan vra “Gaan jy vir ‘n seun probeer?” toe my dogters kleuters was, sou ek skatryk gewees het. Of meer onlangs hoor ek “O, wag net totdat hulle tieners word …” Dit nogal altyd in hulle teenwoordigheid. Ek is seker dat seuntjie-mammas dieselfde ervaring het.

Hierdie ongevraagde kommentaar oor die jare het my geleenthede gebied om in dankbaarheid te reageer oor die drie ongelooflike seëninge wat God my geskenk het.

Ek is dankbaar vir die geskenk van my kinders, ongeag hulle geslag. As Hy gekies het om vir my drie seuns te gee, sou ek net so dankbaar gewees het. Ek en my man voel nie dat ons uitmis nie. In plaas daarvan om na die lewe te kyk in die lig van wat ons nie het nie, fokus ons op dit wat ons het. Ons is albei baie, baie dankbaar vir die gesin wat God ons gegee het.

Een les wat ek probeer het om my dogters deur middel van hierdie ervaringe te leer, is dat ons woorde saak maak. Ons het elke dag ‘n keuse. Ons kan woorde spreek wat iemand opbou of woorde wat hulle afkraak. Die Engelse gesegde “sticks and stones may break my bones, but words will never hurt me” is onwaar.

Woorde maak seer.

Harte, drome en verhoudings is gebreek deur woorde wat seermaak … opsetlik of onopsetlik. Dis nie net waar vir woorde wat ons vir ander sê nie, maar ook vir die woorde wat ons vir onsself sê.

Ek weet dit, want ek sukkel op hierdie gebied in my eie lewe. Ek sal dinge vir myself sê wat ek nooit sal droom om vir iemand anders te sê nie.

‘n Deel van die kennis opbou om ons vrese met God se Waarheid te bestry, ​​is om nie net die krag van die woorde wat ons teenoor ander spreek nie, maar ook van dit wat ons vir onsself sê, te besef.

Wanneer ons voel hoe ons vrese en angs in ons opkom, mag ons begin om die woorde wat ons in die verlede gespreek het, in die verlede te laat sterf! Mag ons God se Waarheid omhels en sy genade ontvang elke oggend wanneer ons die sonsopkoms sien.

“deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie;

daar is geen einde aan sy ontferming nie,

dit is elke môre nuut.

U trou is groot.”

Klaagliedere 3:22 – 23

Mag ons gedagtes, soos sy altyd konstante sonsopkomste, op daardie waarheid gefokus wees, en mag ons lippe dit verklaar. Weg is die ou denkwyses, ons is nie langer vroue wat slawe is van ons ou gedagtes, ons vernederende verlede of ons seerkry herinneringe nie. Ons bou ‘n arsenaal van verse om die leuens wat vir ons vertel word en ook die leuens wat ons vir onsself vertel, te bestry.

Ons is vroue wat die krag van ons woorde besef, en ons sal dit verstandig gebruik.

Ons sal kies om lewe te spreek oor ons kinders, eggenote, vriende en ouers … sowel as oor onsself.

Hê God Groots Lief!

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse