Eerlik, ek hou nie van enigiets wat oor my drup nie … veral nie iets taai en klewerige nie. As ma, kry ek baie daarvan {en kan ek ‘n amen kry?!}. Maar, ek is lief vir hierdie woorde prentjie van geurige olie wat uitgegiet word op Aäron. Dit streel en kalmeer my siel.
Kyk na verse een en twee van Psalm 133 – “Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard afloop, die baard van Aäron, af tot by die soom van sy klere.”
Dawid skryf hierdie psalm nadat hy koning geword het, en ons vind hom waar hy woon in die skoonheid van die eenheid van die 12 stamme van Israel. Hy is ‘n trotse pappa, waar hy die eenheid en harmonie opmeet na soveel onrus in sy lewe in die besonder en Israel se lewe as ‘n geheel.
‘n Foto van warm eenheid. Soos die olie wat afloop op Aaron se kop, baard en klere. En ‘n ander pragtige woorde prentjie in vers 3: “Dit is soos die dou van Hermonberge …”. Verfrissende en koel, ‘n pragtige beeld van hoe die eenheid in die liggaam van Christus kan lyk ..
En wanneer gelowiges bymekaar kom in die eenheid van Christus, is dit die soort pragtige prentjie wat ons aan die werêld kan aanbied. Wanneer ons liefde, sorg, aanmoedig, en mekaar seen – God se eenheid – sal ware eenheid vloei soos die olie van kop tot toon, wat elke deel van Sy liggaam bedek … ons … Sy mense.
Klink mooi, is dit nie? Maar as jy, soos ek, die teenoorgestelde gesien het van dit wat gebeur in jou kerk, jou gemeenskap van gelowiges, jou vriendekring, kan jy dalk moedeloos voel. Hoe kan hierdie eenheid werklik ons s’n wees? Hoe kan ons dit uitleef in die vlees in die midde van ons dae?
In ons vlees, smag ons na geregtigheid. Ons is selfsugtig. Ons wil ons eie manier hê. Ons vlees wil die teenoorgestelde van ware eenheid hê.
Maar as gevolg van die Kruis, kan ons kyk na Christus en wat Hy vir ons gedoen het, en ons selfsugtige begeertes los, en ons vleeslike drange vir self en kompetisie opgee.
Soos Paulus praat met die heidene in Efesiërs 3:16-19, beskryf hy hoe ons kan begin om dit te begryp:
“Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.”
Soos ons Sy liefde vir ons verstaan, dan kan ons omdraai en liefhê.
Dit is Eenheid.
Liefde is om jou lewe neer te lê, om jou begeertes, jou behoeftes op te gee, en die ander persoon te dien. 1 Johannes 3:16 som die voorskrif perfek op, “Hiéraan weet ons wat liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê. ”
Ons kyk na wat Christus vir ons gedoen het, en gaan dan uit en doen dieselfde, want ons is gevul met Sy liefde.
So, laat ek jou vra:
-Voel jy God se liefde vir jou? Indien nie, spandeer vandag tyd in Sy Woord, en rus op die liefde wat Hy vir jou het. {Efesiërs 3 is ‘n goeie plek om te begin.}
-Voel mense geliefd deur jou? Streef jy na eenheid met jou broers en susters in Christus? Indien nie, watter stappe moet jy vandag neem om die proses te begin?
Deel asseblief jou storie en gedagtes in die kommentaar. Kom ons moedig mekaar vandag aan om in liefde en eenheid te loop!
Met Liefde van Uganda,