Week 4 – Wonderbare Raadsman
deur Jen Thorn | Nov 29, 2015
Ek is ‘n verskriklik besluiteloos persoon. Besluite oor wat ek moet dra, wat ek moet maak vir aandete, of selfs watter roete ek moet neem om iewers te kom, word almal geraak deur my besluiteloosheid. En dit is net die klein dinge in die lewe. Wanneer dit kom by groter besluite kan ek oorkom word met stres en angs.
Ek glo een van die redes hoekom God Homself aan ons wys deur die baie verskillende name is dat hulle ons wys hoe veelsydig en groot Hy is. God lief nie net nie. Hy is liefde. Hy voer nie net geregtigheid uit nie, hy is geregtigheid. Hy het nie net al die antwoorde nie, hy is die antwoord.
Ons het almal op een of ander tyd (in my geval is dit daagliks) raad en wysheid nodig. Die lewe is nie maklik om te navigeer nie. Ek weet daar is besluit wat jy moes gemaak het wat oorweldigend en moeilik was. Ek weet dit omdat terwyl ons in verskillende dele van die wêreld mag lewe is ons almal menslik en het nie al die antwoorde nie Situasies wat ons ondervind in hierdie wêreld kan verwarrend en selfs ontstellend wees. Ons harte lei ons om te dwaal, sonde verlei ons om verkeerd te kies, en die wêreld vermom sonde en kwaad in pragtige klere. En so het God vlees opgeneem en een van ons geword, en het ons gewys hoe wysheid lyk in die alledaagse.
As ons wys wil wees, dan moet ons Jesus ken! Ons moet alles wat ons kan oor hom, sy karakter, sy name, sy werke, sy woorde, sy boek, leer! Jesus, as die Wonderbare Raadsman leer ons.
Ons moet vroue van die woord en gebed wees en dan moet ons glo dat God ons sal rig op die regte pad. Hy kan dit doen deur die aansporing van die Heilige Gees deur die woorde wat ons lees in sy woord of deur die goddelike raad van diegene wat meer wys is as ons.
Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het Ps. 16:7a
‘Het jou raadgewer omgekom Nee! dit kan nie wees nie, want Jesus leef altyd as jou Advokaat. Waarom dan toegee aan moedeloosheid of wanhoop? Hoekom swig jy tot jou probleme, en sink onder jou las? Jou radeloosheid is niks met Christus. Wat alles vir jou donker is, is alles lig vir Hom. Wat vir jou ‘n verstrengel warboel is, is vir Hom ‘n perfekte mosaïek. Hy kan jou bring uit al jou probleme, en ‘n manier oopmaak vir jou om van al jou probleme te onstnap, die krom pad reg maak en die rowe plekke glad maak. “Laat jou lewe aan Hom, en vertrou op Hom, en Hy sal sorg.” Octavius Winslow
Kyk na Jesus
Week 4 Video
Week 4 – Uitdaging
Wysheid is meer as kennis. Dit is Bybelse kennis toegepas op die lewe. Identifiseer twee areas in jou lewe waarin jy graag wil groei (bv: Geloof, vriendelikheid, gasvryheid, liefde, vergifnis, dieper begrip van gebed of die karakter van God…). Vra vir God om in jou te werk sodat jy kan wys word in hierdie areas vir jou voordeel, die voordeel van ander en vir die heerlikheid van God.
Week 4: Memoriseer Vers
Week 4: Leesplan