Werklike Nederigheid en Radikale Liefde

16 Januarie 2015

Vrydag 16

As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.

Johannes 13: 14-15

Kan jy die klein bietjie van die hel wat uitgebreek die nag van Jesus se arrestasie onthou? Ons het, Judas se kus van verraad, Petrus wat die oor van die soldaat afgesny het, Jesus se genesing van die soldaat soos Hy inhegtenis geneem word, en die res van die dissiples wat bang rondhardloop. Teen die oggend het Petrus Jesus drie keer ontken. Maar daardie gekke aand het eintlik met ‘n rustige maaltyd met 12 dissiples begin.

Jesus het 3 jaar van sy lewe met hierdie manne gespandeer. Hy was tot die dood (letterlik) lief vir hulle en het Hy die laaste paar uur van sy vryheid gebruik om hulle die pad van liefde te wys. Dit was op hierdie Pasga maaltyd wat Jesus die Here se Nagmal ingestel het as ‘n manier om te onthou wat hy op daardie oomblik vir hulle sou doen. Maar Hy het ook prakties geraak. Hy het ‘n handoek en ‘n bietjie water geneem en die dissiples se voete begin was. Sy vriende was geskok. Die dissiples het heeldag hulle sandale aangehad en hulle voete was baie vuil en warm, en Jesus het hulle voete gewas. Dit was ‘n nare tipies werk wat toegeskryf was aan ‘n nederige dienaar. Wat was Jesus besig om te doen?

Petrus het die punt heeltemal gemis. Vir eers wil hy nie hy dat Jesus sy voete of enige gedeelte van hom was nie, en toe soos Jesus probeer verduidelik, het Petrus het besluit dat hy daarvan sal hou as Jesus nie net sy voete, maar sy hande en kop ook was. Petrus het dit nie gekry nie.

Hopelik sal ons nie die punt mis nie. Vroeër hierdie week het ons gepraat oor die feit dat ons verhouding met God moet primêre wees, want al die ander verhoudings in ons lewens sal deur dit beïnvloed en gelei word. In ons verse vir vandag sien ons dat daardie waarheid tot lewe kom.

Jesus wys vir ons die pad van nederigheid en liefde

Werlike Nederigheid

Deur die was van sy dissipels se voete het Jesus ons nederigheid geleer. Daar is geen ruimte in die lewe van ‘n Christen vir ‘n heiliger-as-jy houding nie. Jesus, die Skepper en Heerser van alles het nie gedink dat dit benede Hom was, om sy vriende (en selfs sy vyand – Judas) te dien nie. Nederigheid lei ‘n persoon toe om te sien dat alle mense is ewe waardevol en het die behoefte van vriendelikheid nodig Nederigheid is die hart van iemand wat ander in agneem om meer waardig van eer te wees as haarself.

Radikale Liefde

As jy wil weet hoe om iemand werklik lief te hê, kyk dan versigtig na Jesus soos Hy sy dissiples se voete was. Jesus se liefde vir sy vriende word gesien in beide die groot offer sowel as die praktiese diens. Sy liefde is ongemaklik in wat hy doen vir ons wat ons nie verdien nie. Jesus het nie doodeenvoudig sy dissiples 'n lees geleer deur die was van hulle voete nie. Hy het hulle voete gewas omdat Hy vir hulle lief was.

Ons moet ook bereid wees om vriendelikheid en goedheid te wys in klein en groot maniere aan dié wat God in ons lewens plaas. Liefde vir mekaar, sal ons beweeg om te dien en te offer: dit sal ons lei om onsself te verlaag en mekaar te verhef.

Our Lord would have us love others so much that we should delight to do anything which can promote their happiness.
J.C. Ryle

Vir sommige van ons kan dit maklik wees om dit te doen met ons familie, maar ons kan dalk sukkel wanneer dit by ander buitekant ons huis kom. Bid vir barmhartigheid asook vir die geleentheid om dit te demonstreer. Sommige van ons vind liefdevolle mense buite ons familie wat maklik en prettig is, terwyl die wys van radikale liefde in die huis baie meer uitdagend kan wees. Bid vir guns en ekstra geduld

Ons kyk na Jesus as die enigste een wat ons kan red. Maar moenie vergeet dat die pad van redding wat Jesus vir ons gestap het, het offer en diens, liefde en nederigheid ingesluit. Wanneer ons die ewige lewe in Hom vind, vind ons die krag om ander lief te hê.

Op soek na Jesus


Jen

Die studiemateriaal is hier beskikbaar:

  1. Gemaak vir Verhoudings Studiegids
  2. Gemaak vir Verhoudings Leesplan

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Geen Bybelstudie is gevind nie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse