Welkom by ons ‘Nader tot God’ Bybelstudie

Welkom by ons ‘Nader tot God’ Bybelstudie

Deur Melissa / 13 Januarie 2020 / Nader tot God

Welkom liewe vriende,

Ons hoop dat julle net so opgewonde soos ons is vir ons eerste studie van 2020. Ons het hierdie studie ontwikkel met die doel om Bybelstudie metodes te leer wat ons hopelik sal lei om ons verhouding met God te verdiep.

Ons glo dat die Bybel God se geïnspireerde, onfeilbare Woord is wat aan ons gegee is sodat ons Hom mag ken en weet hoe om Hom te eer en te aanbid. Ons wil nie net sy Woord lees nie, maar ons wil daders van die Woord wees. Ons wil hê dat dit ons moet verander, ons vorm om meer soos Jesus te wees en ons leer hoe om te leef.

Om dit te doen, moet ons leer om die Bybel te lees op die manier wat dit bedoel was om gelees te word. Ons moet dit bestudeer sodat ons kan vasstel wat die outeurs (beide die Heilige Gees en die menslike outeurs) aan die oorspronklike gehore geskryf het.

Nader tot God gaan anders lyk as baie van ons ander Love God Greatly Afrikaans studies. (Moenie bekommerd wees nie, met ons volgende studie sal alles weer dieselfde wees as waaraan ons gewoond is.) Hierdie studiejoernaal sal dieselfde lyk. Ons bied spasie om die Skrifgedeeltes te lees en die SOAP metode toe te pas. Die daaglikse dagstukkies sal ook dieselfde lyk en leidende insig bied om jou aan te moedig in jou daaglikse lewenswandel.

Ons blogs wat op Maandae, Woensdae en Vrydae verskyn gaan egter anders lyk. Hierdie blogs gaan wees soos ‘n werkboek. Dit is ons hoop dat julle hierdie blogs tydens hierdie studie gaan gebruik om diep te delf in die metodes van Bybelstudie – veral die SOAP metode. Ons sal werk deur tegnieke en wenke vir effektiewe memorisering, observasie, interpretasie, toepassing en gebed.

Hierdie week sal ons kyk na die belangrikheid daarvan om God se Woord te bestudeer en ons sal ‘n oorsig kry van die SOAP metode. Volgende week sal ons begin kyk na tegnieke vir effektiewe observasie.

Jou studiejoernaal is die perfekte plek om te werk aan die nuwe tegnieke en metodes wat jy gaan leer. Ons sal hier wees om jou aan te moedig en saam met jou te leer!

Tyd wat in God se Woord spandeer is, word nooit vermors nie.

Alhoewel die Skrif lewendig en aktief is, verg dit dissipline en toewyding om dit te verstaan. Soos ons hierdie reis saam aanpak, kom ons verbind ons daartoe om die doelbewuste studie van God se Woord ‘n prioriteit in ons lewens te maak.

Laat ons saam ‘n verbintenis en ‘n plan maak om sy Woord doelbewus te bestudeer. Jy sal nie teleurgesteld wees nie!

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse