Wees Die Een Wat Bereid Is Om ‘n Verskil Te Maak

Deur Angela || Mei 30, 2018 | 1 & 2 Tessalonisense

Ons geliefde Tessalonisense het so baie moeilike beproewings en vervolging in die gesig gestaar dat hulle gedink het dat hulle in ‘die dag van die Here’ – die tyd van die verdrukking – leef. Paulus stuur vir hulle hierdie tweede brief om hulle harte te stil en hulle daaraan te herinner dat die dag van die Here nie sou kom voordat sekere gebeurtenisse plaasgevind het nie en dat wanneer Jesus terugkom, sy kerk hom in die lug sal ontmoet (1 Thess 4:13 -18) en ver sal wees van die gebeure wat gaan kom.

Die dag van die Here is die tydperk wat volg op die wegraping van die kerk. Dit sal ‘n tyd van verdrukking wees vir die mense op aarde en alhoewel ‘n groot aantal Jode en heidene gedurende hierdie sewe jaar gered sal word, sal die oorgrote meerderheid van die wêreld se populasie verlore gaan.

Vandag se verse beskryf dat die Heilige Gees, wat nou die geheime krag van die wetteloosheid in toom hou, die bose agenda wat Satan vir hierdie wêreld het, sal uit die weg geruim wees tydens die verdrukking. Wanneer die kerk weggeraap word, sal die Heilige Gees steeds op aarde teenwoordig wees, maar sal nie die magte van die bose bestry soos Hy tans doen nie.

Sodra die kerk uit die wêreld geneem is, sal Satan en sy magte – wat weet dat hulle eindbestemming naby is (Op 19:20; 20: 10-15) hulle bes probeer om soveel mense moontlik saam met hulle na die poel van vuur te sleep.

Soveel siele as wat hulle kan.

“Ondanks sy swakheid en skynbare mislukking, moet die belangrikheid van die kerk in die wêreld nooit onderskat word nie. Mense besef nie dat die teenwoordigheid van kinders van God in hierdie wêreld aan ongeredde mense die geleentheid bied om gered te word nie.” – Warren Wiersbe, Wees gereed.

Die teenwoordigheid van die kerk, die teenwoordigheid van die kinders van God, jouteenwoordigheid in hierdie wêreld is wat die verskil maak. 

Alhoewel, laat ons dit duidelik stel: om net teenwoordig te wees, is nie genoeg nie.

Om Sondae in die kerk te sit, terug te gaan na ons normale lewens, ons roetine en skedules en dinge steeds te doen op ons eie manier, sal nie ‘n verskil maak nie.

Ons moet bewus wees van wat op die spel is: die siele van die mense rondom jou wat Jesus nie ken nie en hulle toekomstige lot.

God wil jou, jou gawes, jou talente, jou lewe gebruik om soveel moontlik mense na Jesus te lei terwyl jy op hierdie aarde is.

En die tyd is nou.

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen, want in die doderyk waarheen jy op pad is, is daar nie werk of insig of kennis of wysheid nie.” Prediker 9:10

Daar is baie mense in die wêreld wat nog nooit die Evangelie gehoor het nie. Dis waarom ‘Love God Greatly’ so hard werk om God se Woord in die wêreld uit te kry deur finansiële- en taalhindernisse uit die weg te ruim wat keer dat mense die Bybel in hulle eie taal kan hê.

Die gedagte dat God jou wil gebruik om te help om hierdie mense te bereik en Satan en sy bose magte te beveg, terwyl daar nog tyd is, moet jou verstand te bowe gaan.

Hy wil jou gebruik.

Hy het vir jou  die krag gegee om te veg en te oorwin.

Hy is saam met jou in vennootskap om mense uit die duiwel se koue te red.

Die vraag is: maak jy die verskil? Is jou teenwoordigheid in hierdie wêreld ‘n bedreiging vir Satan? Besef jy dat mense wat nie gered is nie, hel toe gaan vir ewig?

Die geheime krag van die wetteloosheid is reeds aan die werk. Boosheid is reeds teenwoordig.

Wat jy ook al kan doen om die Evangelie te versprei of om ander te help om dit te ontvang, doen dit en doen dit nou.

Wees die een wat bereid is om ‘n verskil te maak.

Tevrede in sy diens,

 

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse