Wees Dapper Om Teen Die Kultuur Te Leef

Wees Dapper Om Teen Die Kultuur Te Leef

Amanda

 

Neem jy ‘n risiko of maak jy ‘n opoffering?

As die geharwar van die vakansieseisoen nie daarin geslaag het om jou vreugde te steel of jou brein uit te put nie, sal Januarie dit ook probeer. As vrouens het ons altyd ‘n verwagting om in beheer te wees van alles wat om ons aangaan, en Januarie kan ‘n tyd wees wanneer die druk vererger. As ons nie die perfekte manier gevind het om die perfekte Nuwe Jaar te begin nie en ons nie uiteindelik al ons lewensdoelwitte op ons lysie afgemerk het nie, is dit te maklik om voortdurend te voel of ons onder ‘n wolk van nederlaag loop. In plaas daarvan om in hierdie nuwe lewe wat God beskryf, te leef, kies ons weereens dieselfde ou struikelblokke.

Tog beveel God ons voortdurend om dapperheid te kies. Hy vertel ons nie om te kies watter pad ons wil hê vir die jaar nie; Hy beveel ons om dapper genoeg te wees om Sy pad te kies met elke tree in ons lewens. Omdat God die ongelooflike toekoms ken wat Hy vir ons beplan, vra Hy nie om verskoning vir die bevel wat hy aan ons gee om Hom te volg nie.

God is seker dat ons geseën sal word as ons oorgee aan Hom. Maar is ons seker?

Wanneer jy kies om dapper te wees, neem jy ‘n risiko of maak jy ‘n opoffering?

‘En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. ‘Romeine 12:1

God vra ons om sy genade te erken – om te weet hoe Hy diegene voor ons gelei het – deur Sy Woord te lees en in ‘n kerkgemeenskap te bly om Hom nog steeds aan die werk te sien. En dan, net nadat ons Sy genadige natuur sien, vra Hy ons om ons liggame as lewende offers aan te bied, nie as offers nie.

‘n Risiko, in dictionary.com se definisie, is blootstelling aan die kans op besering of verlies; ‘n gevaarlike kans.

‘n Opoffering is wanneer jy iets kosbaar of begeerlik opgee ter wille van iets wat hoog aangeprys word of meer wenslik is.

Jesus se laaste woorde voordat Hy die onmeetbare gewig van die wêreld se sondes aangeneem het, was nie, “wens my geluk,” nie, dit was, “dit is klaar.” (Johannes 19:30) God is waarheid, nie ‘n kans wat jy vat nie. Jesus het nie aan die kruis ‘n kans gevat nie, Hy het ‘n opoffering gemaak.

Jesus het nie aan die kruis gehang in vrees vir gevaar nie, of gehoop dat dinge in ons guns sou uitwerk nie. Hy het oorgegee aan God se plan – Hy het die waarheid van God se genade geken en was seker van Sy guns.

Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is. Romeine 12:2

Die wêreld wil hê ons moet glo dat God ‘n waagstuk is, nie ‘n beskermer nie. Dat ons moet glo dat wanneer ons ons behoeftes gevoelens en begeertes neerlê, dit sal lei tot vernietiging, en nie deurdrenk sal wees met bevryding nie. Dat ons moet glo daarin om op ons eie krag staat te maak vir oorwinning en die Een wat reeds oorwin het, versaak.

Die wêreld wil hê ons moet ons Skepper se planne verwerp en in ‘n toestand van onrus, chaos en wanhoop lewe. As ons nie weet wie ons is en aan wie ons behoort nie, is dit maklik om ons te manipuleer, te beheer en misbruik. Sosiale media, flieks en mode kan ons van die grootheid van God in ons wegneem, en ons na gietvorms laat gryp wat ons nie bedoel is om te vul nie.

Sosiale media kan ons wysmaak dat ons nie enige liefde werd is nie, of ons dat ons nie gerus behoort te wees totdat ons vyftien kilogram verloor het nie. Flieks kan ons weglok van ons wonderlike mans af op soek na mans wat nie bestaan nie. Mode kan ons om die bos lei en laat dink dat ons finansies, agtergronde, gesinne of ons huise ons ontneem van ‘n vreugdevolle lewe. Tog vertel God ons dat ons Sy meesterstuk is. (Efesiërs 2:10)

Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. Romeine 12: 3

God snoei nie ons bietjies geluk volgens ons vlak van risiko nie. God dek ons oorgawe in genade. Risiko is nie geloof nie, opoffering is.

Wanneer ons besef dat ons nie die wêreld tot stand gebring het nie, die golwe in die water, of die weë van waarheid, genade en barmhartigheid in die wêreld gebring het nie, sien ons dat God dit gedoen het, en Hy doen dit nog steeds. Die vertroue in die wete dat Hy Koning is en dat ons Sy koninkryk is, sal ons trots afbring, sodat ons kan neerbuig en ons liggame oorgee.

Wanneer die wêreld jou vra om hierdie jaar dapper te kies, om in jou geloof vas te staan, sal jy ‘n risiko of opoffering maak?

Wanneer jou liggaam van jou vereis om ‘n kruk prys te gee, sal jy dit weggooi of dit aan God oorgee?

Wanneer jou gedagtes vir jou vertel dat jy nie genoeg is nie, sal jy vir meer wens of sal jy alles in Hom vind?

Wanneer jou siel uitroep vir hulp, sal jy jou eie kaarte probeer speel of onder die skaduwee van sy vlerke gaan lê?

Omdat ons geliefdes van Hom is, kan ons kies om dapper te wees.

Omdat God die ongelooflike toekoms ken wat Hy vir ons beplan, vra Hy ons nie om verskoning dat Hy ons die pad wys nie. Laat ons dus ophou om verskoning te vra omdat ons Hom volg. My gebed vir ons hierdie jaar is om die wêreld se WAT AS te vervang vir God se WAT IS. En my hoop is dat ons dít wat goed proe, goed lyk, goed voel, opoffer, ter wille van wat goed IS. Dit is hoe ons Hom aanbid.

Alles vir sy glorie,

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse