Deur WhitneyD | Desember, 8, 2017 | Sy Naam Is
Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom 2en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.”
Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. 11Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. Matteus 2: 1-2,10-11
Die wyse manne het ‘n ster sien opkom en op ‘n sekere plek sien hang. Miskien was hulle vir ‘n klein rukkie verwonderd, of miskien het hulle vir ‘n lang tyd gestaar en weggeskram. Ons weet nie alles nie. Hulle het ook nie alles geweet nie, want ons sien dat hulle moes stop vir aanwysings.
Miskien was hulle langs die pad skepties, of miskien het hulle die hele dag met danksegging gebid. Ons weet nie. Ons weet dat hulle gesien het dat God aan die werk was, en dat hulle geglo het en uiteindelik Sy leiding gevolg het. En ons weet dat, omdat hulle Sy leiding gevolg het, daar verwerkliking gekom het, want toe hulle Jesus sien, is alle onsekerheid weggeneem.
God is die Skepper en Bewaarder van die sterre. Net God kan een uit die hemel haal en dit enige plek plaas waar Hy wil. En net God kan mense dra van ‘n tekort aan duidelikheid, tot vreugde in Sy bevestiging dat hulle nie al die inligting nodig gehad het om die bestemming te bereik nie!
Liewe Here, help ons om ons vrese en huiwerings aan U oor te gee. Ons het U ster nodig om ons te herinner dat U altyd U beloftes nakom. Enigiets wat ons van ons Bewaarder weerhou, moet by U voete gelaat word. Ons wil jubel in ons bestemming met die Skepper van die hele skepping!