Week 8 – Veg leuens met lofprysing
deur Jen Thorn | Aug 2, 2015 |
Hallo, en welkom by ons laaste week van ons Psalms 119 studie! Ek is so trots op almal wat tot dusver saam met ons deur gedruk het. Psalms 119 is nie ‘n aksiebelaaide hoofstuk nie – maar, is dit metodies en lê neer in groot detail die deugde van God se Woord en die uitwerking wat dit het in die skrywer se lewe … en gevolglik op ons lewe.
Vandag , verse 163-164 het my regtig opgeval:
Ek haat en verafsku leuens,
maar u wet het ek lief
Ek loof U soveel keer elke dag oor u bepalings.
Hulle is regverdig.
Die Psalmdigter haat valsheid, maar dit is nie ‘n sterk genoeg woord om behoorlik te beskryf hoe hy voel oor hierdie nie. Hy verafsku dit. Dit vul hom met afgrys.
Dit herinner my aan Spreuke 6:17 waar ons vertel word oor sewe dinge wat ons Here verafsku (weer ‘n sterk woord). ‘n Valse tong is een van hulle.
Hoekom is sulke sterk taal gebruik?
Om leuens te vertel, is in kompleet opposisie vir wie en wat God is. Inteendeel, dit som perfek die karakter van Satan op (Joh 8:44) . Hy word die vader van leuens genoem. Hy handel met leuens in elke vorm: van vet leuens, om pariëtale en gedraaide waarhede gevleg met leuens. Om leuens te vertel is sy besigheid.
God, aan die ander kant is waarheid. Hy kan nie lieg nie (Titus 1:2). Dit gaan teen sy aard. En net soos ons nie anders as menslike kan wees nie, so kan God niks anders as die waarheid wees nie.
So die rede vir hoekom sulke sterk taal gebruik word met betrekking tot die vertel van leuens is omdat elke keer as ons lieg tree ons op soos die duiwel .
Soos ek gestudeer het was dit vir my maklik om my kop te knik en “amen” te sê, maar hoe meer ek gedink het oor die implikasie van hierdie in my eie lewe hoe meer ongemaklik het ek geword. Wanneer ek my kinders vertel dat die sjokolade is gedaan, maar eintlik hou ek dit vir myself, doen ek ‘n oneer aan God en neem Satan se kant. Dit maak nie saak hoe klein of onbelangrik ons dink die leuen is nie. Alle leuens is ‘n weerspieëling van Satan en’n oneer aan God.
As Christene behoort ons 'n baie hoë agting vir die waarheid te hê. Chris Vaughn moedig ons dat ons woord moet wees as " betroubaar soos 'n getekende ooreenkoms wat bevestig word deur wetlike getuies"
"Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. So sal jy guns verwerf en byval vind by God en mens". (Spreuke 3:3-4)
Terwyl dit edel en goddelik klink (en dit is) , sal dit nie altyd die resultate wat ons hoop in hierdie lewe oplewer nie. Waarheid word nie gerespekteer nie. Ons leef in ‘n wêreld waar leuens meer wenslik is as die waarheid. Mense lieg oor hul ouderdom, hul inkomste, hulle huwelik en hul geslag. Hulle lieg om hul loopbane te bevorder en lieg om uit die moeilikheid te kom.
Die regverdige haat leuens; die goddelose maak hom gehaat en veragtelik. (Spreuke 13:5)
So hoe veg ons teen die versoeking om te lieg? Hoe word ons liefhebbers van die waarheid - nie net in teorie - maar ook prakties?
Deur lofprysing (vs.164). Om God te prys help ons om te veg teen te lieg, want dit dwing ons om te fokus op die ongelooflike karakter en werk van Christus, ons harte versag teenoor die waarheid, en in die proses verhard dit teen leuens. Valsheid raak onsmaaklik hoe meer ons van God weet.
Nog 'n manier om meer verlief te raak met die waarheid is om te fokus op God se Woord, want dit is die waarheid.
Ons moet onsself toedraai in hierdie geopenbaarde waarheid van God en bid dat ons harte sal versag teenoor alle waarheid soveel so dat ons nie bereid is om te lieg oor die skynbaar klein dinge nie.
Die vangplek is dat ons nie die vasberadenheid of krag het om konstante waarheid vertellers te wees nie. Weer, ons het Christus nodig. Ons het sy vergifnis nodig vir al die kere wat ons gefaal het, vir die moedige –voorkoms leuens wat ons vertel het en die “klein” leuens wat so maklik uit ons monde kom, want ons was te lafhartig om die waarheid te vertel. Christus het dit alles betaal, en hy het vir ons die Heilige Gees gegee om ons te help om meer sensitief te wees vir al die sonde en om ons te versterk wanneer gekonfronteer word met die versoeking .
Kyk na Jesus,
Video
WEEK 8 UITDAGING:
Identifiseer areas van jou lewe waar jy in die versoeking kom om die waarheid te weerhou of ‘n blatante leuen te vertel. Wy hierdie week aan brutale eerlikheid voor die Here in die vorm van bekering en vra hom om jou lief te maak vir die waarheid.
Kom ons vra ook die Here vir wysheid wanneer ons die waarheid praat. Eerlikheid beteken nie stompheid nie. Ons kan nog steeds die waarheid praat in ‘n vriendelike en liefdevolle manier, maar dit beteken dat ons nodig het om ons woorde versigtig en verstandig te kies.
WEEK 8 LEESPLAN:
WEEK 8 MEMORISEER VERS: