{Week 8} Ons Het Ander Nodig – Sit God Se Woord in Aksie


Hierdie week hier by LiefGodGrooliks, het ons ‘n spesiale tyd van deel, van hoe God besig is om deur middel van ons studie in ons LGG groepe te werk! Dit gaan ‘n prettige week van feesvieringe wees en ons kan nie wag om al ons stories met jou te deel nie!

_____________________________________________________

Ons het ander nodig

Ons het ander nodig. Ons doen. Soms dink ons, ons is beter deur onsself, maar in die afgelope sewe weke het God se Woord vir ons gewys dat Hy ons gemaak het om te lewe in verhouding met ander, die lewe met ander mense te deel.

Ek is mal oor die manier waarop vroue by die LGG Spaans ons behoefte aan mekaar gedurende hierdie studie vertoon het. Hier is ‘n paar foto’s en getuienisse:

Groep “A los pies del Maestro” van Dominican Republic.

Groep van Venta Grande, Mexico

Ek kon vir jou pragtige stories vertel van vroue wat aangemoedig word deur ander vroue, vroue bid vir vroue, vroue help vroue …

Maar vandag wil ek die storie van Juan met jou te deel.

Juan is deel van ‘n Whatsapp groep in Barcelona Spanje. Nou, hoe kan dit moontlik wees as ons studies gemaak is vir vroue? Hierdie wonderlike groep is gemaak van net vroue totdat een van hulle oorlede is in Oktober 2014. Sy was Juan’s vrou. Juan het geweet hoe belangrik haar LGG groep vir sy vrou was gedurende die maande wat sy siek was, hoe hulle vir haar gebid het, hoe hulle haar ondersteun het … hoe hulle haar liefgehad het in elke manier waarop hulle kon.

En Juan het gevra om by die groep aan te sluit in plaas van sy vrou. Hierdie vroue ondersteun hom sedertdien. Hulle het hom gehelp om te gaan op. Sommige dae het die groep saam aandete gedeel en hulle verhouding gevier.



1 Johannes 3:18 moedig ons aan om lief te hê “met die daad en in opregtheid”. Ons is gemaak om ons liefde te demonstreer in aksies, nie net bloot te praat oor die liefde nie.

Ons is gemaak vir dade, nie bedoelings; vir feite, nie idees; Ons is gemaak om praktiese liefde te vertoon.
1 Johannes 3:17 –
Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie – hoe kan die liefde van God in hom wees?

Ek weet dat God tydens hierdie studie na jou hart gepraat het. Hy het miskien vir julle gepraat rakende jou verhouding met jou familie, jou kerk, met die ongereddes. Miskien Hy het jou ‘n nuwe maniere gewys hoe om uit jou gemaak zone uit te klim en ander te bereik. Miskien het hy jou gevra om ander mense in jou lewe te verwelkom.

Hoe ookal Hy met jou hart gepraat het, neem aksie. Maak jou hart oop. Deel. Lewe in ware verhouding met ander.
Ons kan liefhê omdat God ons eerste liefgehad het. Hy het Sy liefde gedemonstreer deur die stuur van Jesus Christus om vir ons te sterf en vir ons ewige lewe te gee. Hoe gaan jy ander liefhê “met die daad en in opregtheid”?

Tevrede In Sy Diens
Edurne
AmaaDiosGrandemente.com
Necesitamos a otros

Week 8 Memoriseer Vers


Week 8 Leesplan


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

Geen Bybelstudie is gevind nie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse