O vriende, dit is dié boodskap wat ek so desperaat wil uitkry in ons gemeenskappe … en ons wêreld.
Ons leef in ‘n wêreld wat ons vertel ons kan op een of ander manier ons pad na die hemel “verdien” … . asof ons ooit kan naby kom aan “goed genoeg” te wees deur ons eie krag, ons eie werke … in vergelyking met ‘n Heilige God.
Tog vertel die Bybel ons iets anders.
Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie. (Efesiërs 2:8-9)
Vir God het die wêreld so LIEF gehad dat Hy …
En so moet ons ook.
God het die wêreld so LIEF gehad dat Hy, wat Hy die meeste liefste gehad het, gegeee het ….. Sy enigste Seun.
God het wat vir Hom die meeste kosbaar was gegee het ….. Jesus.
Jesus het op Sy beurt Sy lewe gegee.
En tog gaan ons voort om in ‘n wêreld te lewe wat God se liefde vir ons tywfel en bevraagteken!
Nie net sê God vir ons hoeveel Hy vir ons lief is nie, Hy het verder gegaan… Hy het dit gedemonstreer!
Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. (Romeine 5:8)
Hoe kan ons voortgaan om Sy liefde te twyfel?
Wanneer gaan ons ophou om die leuens te glo wat Satan in ons lewens fluister? Satan in sy slim, maar voorspelbare maniere het hierdie leuens oor ons gespreek sedert Eva en tog gaan ons voort om te byt in die leuens en toe te laat dat hulle ons lewens vergiftig.
So baie van ons wandel deur die lewe en voel ongeliefd (insluitend myself) en nogtans kan God ons nie meer lief hê as wat Hy reeds doen!
DIT is die boodskap wat ons nodig het om te deel en uit te leef in ons gemeenskappe … Ons is geliefd deur die Almagtige God, redding word slegs gevind deur Jesus en Hy het nie gekom om ons te veroordeel nie, nie om ons harder te laat werk vir ons redding nie … Jesus het gekom om ons te red … wat ‘n ongelooflike liefde storie is dit nie!
Volgende keer as jy ongeliefd voel, kyk na die kruis. Niemand kan jou meer liefhê as Jesus al reeds het nie!
Dit is die boodskap wat ons nodig het om met dié in ons lewens wat God nie ken nie, te deel … en dalk selfs diegene in ons lewens wat reeds vir God ken. Ons het almal nodig om van tyd tot tyd te vertel word dat ons diep deur God gelief word.
Vriende, hierdie boodskap van God se liefde vuur my aan en dryf my om te probeer om ons studies in sowel tale te kry soos God vir ons vertalers stuur. Dit is hoekom ons ons studie materiaal gratis weggee! Ons wil bitter graag ons studies in soveel vrouen moontlik se hande te kry en hulle help om in God se woord te grawe, baie van hulle vir die eerste keer, en vir hulself ontdek hoeveel hulle geliefd is!
Laat ons Praat
Ek is mal om van elkeen van julle te hoor en om saam die studie met julle te leer! Vandag, deel ‘n paar praktiese maniere hoe jy die kennis van God se liefde gedeel het aan diegene in jou gemeenskap of in die wêreld ! Wie weet jou getuienisse kan iemand anders inspirer om dieselfde ding te doen! 🙂
Lief God Grootliks!
Week 7 Uitdaging
Hierdie week, sluit by ons aan in die bereiking van die nasies met God se Woord! Jy kan dit op ‘n aantal maniere doen:
1. Stuur ons studies op jou missie direkteure by u kerke of kolleges.
2. E-pos dit aan vriende in ander lande of wat betrokke is in die ministeries wat ons susters in ander lande dien in Christus.
3. Deel ons beelde op Facebook, Instagram of Twitter en tag jou vriende of familie wat dalk weet van vroue wat nie kon voordeel trek uit ons studies nie. Ons het elkeen ‘n rol om te speel in die verspreiding van die goeie nuus van God se liefde tot aan die einde van die aarde!
Week 7 Leesplan
Week 7 Memoriseer Vers