Week 4 – My Lewe Gaan Nie Oor My Nie

Deur Angela | Julie 16, 2018 | Waarheid Oorwin

Dit was een van daardie oproepe wat jy net nie wil kry nie.

My dag, hoewel besig, was redelik volgens roetine … totdat ek die oproep gekry het.

Ek het haar naam op my selfoon sien verskyn. Ek het in my motor gesit en werk terwyl ek gewag het om een ​​van my dogters by haar basketbal-oefening op te laai.

“Ang?” Ek kon hoor iets was verkeerd die oomblik toe sy my naam noem. “Haai, Jojo! Hoe gaan dit?!”

Terwyl ek die woorde uiter, was my gedagtes in ‘n warboel soos ek probeer het om te dink wat die probleem kon wees. Ek het vroeër in die week op Facebook gesien dat iemand wat ons albei in ons tuisdorp geken het, weens kanker oorlede is. Ek het aangeneem dat sy my daaroor skakel. Ek was verkeerd.

“Het jy ‘n minuut?”

“Beslis! Wat is aan die gang?”

Vir die volgende ongeveer 20 minute het tyd gaan stilstaan terwyl sy my die hartverskeurende nuus vertel het: “Ek het ovariumkanker.”

Sy vertel hoe sy gevoel het en hoe sy onlangs die dokter besoek het. Die een doktersbesoek het tot die volgende gelei wat weer tot skanderings gelei het. Twee massas is in haar buik aangetref.

Sy moes ‘n operasie ondergaan.

My hart het in my skoene gesink toe ek die nuus hoor. Dit het gevoel of iemand my onverwags in die maag slaan. Ek was nie voorbereid vir hierdie nuus nie. Dit was asof my suurstof van my af weggeneem is en ek kon skaars asemhaal. Ek was geskok.

Sy het my natuurlik in haar Jojo-manier verseker dat alles reg sal wees. Of sy hier of in die hemel gesond word, haar saligheid is vas.

Later daardie week het sy haar operasie gehad en ons was baie optimisties na aanleiding van die chirurg se opmerkings. Al die massas is suksesvol verwyder en geen kanker is in die limfknope gevind nie. Biopsies is geneem en al wat ons nou moes doen, was wag op die uitslae om die stadium van haar ovariumkanker vas te stel.

Uit die sukses van die operasie en die wete dat die kanker nie na die limfstelsel versprei het nie, het ek meer positief as negatief gevoel.

Toe het ek die tweede oproep ontvang, die kanker was stadium 4. Hulle het haar ‘n jaar gegee voordat die kanker weer sou verskyn.

My hart het gebreek.

Hierdie keer toe ek met haar oor die foon praat, kon ek nie my trane terughou nie, al het ek hoe hard probeer.

Ek moes net vlieg om haar te sien.

Weke later het ek myself bevind op die lughawe waar sy my opgetel het. Met ons rit terug na haar huis, het ons geen tyd versmaai met aangename geselsies nie en reguit tot die punt gekom.

Dis moeilik om jou gedagtes te orden rondom hierdie tipe nuus.

Gedagtes soos: “Hoekom ek?” “Hoekom nou?”, vul jou gedagtes.

Ons het oor alles gepraat. Die goeie, die slegte en selfs die lelike, hartverskeurende waarheid van die situasie waarin sy haarself bevind het.

Dit was nie wat sy wou hê nie.

Dis nie hoe sy haar lewe voorgestel het nie.

Sy en Pa is uiteindelik in hul aftreejare. Sy het vyf kleinkinders onder die ouderdom van 7.

Sal hulle haar onthou? Wat van haar drome om saam met Pa oud te word?

Die gesprek was rou en eerlik. En toe maak dit ‘n vreemde wending.

As ek my lewe deur die “eie ek”-lens bekyk, maak niks hiervan sin nie. Dis nie regverdig nie.

Maar weet jy, Ang … my lewe gaan nie oor my nie.

My lewe is vir sy glorie.

Die harde werklikheid van die saak is, sy is so reg.

Elkeen wat na my Naam genoem word,

Elkeen wat Ek geskep het tot my eer,

Wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het. – Jesaja 43:7

Jy sien, Satan probeer om ons te oortuig dat ons lewens, wel … oor ons gaan. Maar dit doen nie.

Wanneer ons kies om ons lewe deur Hom in plaas van onsself te sien, besef ons dat ons lewens nie gaan oor jou of oor my nie.

Ons is gemaak, geskep en uniek gevorm vir sy glorie, nie ons s’n nie.

Sodra ons die lens waardeur ons kyk verander, sien ons moeilike tye, teleurstellings en ja, selfs kankerdiagnoses in ‘n hele nuwe lig.

In plaas daarvan om dit as ‘n terugslag te ervaar, kies ons om ‘n unieke geleentheid te sien. Wanneer ons kies om God te loof en te prys te midde van stukkende drome en harde werklikhede – neem die wêreld kennis daarvan.

Dis een ding om God op die goeie, maklike dae te prys. Dis iets heeltemal anders, iets bonatuurlik wanneer ons dit deur ons hartseer kan doen.

Hierdie reis het pas begin vir my lieflike Jojo. Maar deur haar die afgelope paar maande dop te hou, is dit wat ek gesien het. God het mense JARE tevore in haar lewe geplaas. Mense wat die geleentheid gehad het om saam met haar te werk, saam met haar te lewe en hulle kinders saam met haar groot te maak – dis ongelooflik hoe hierdie selfde mense tot redding kom as gevolg van die saad wat God in hulle lewens geplant het deur Jojo se jare van doelbewuste uitleef haar geloof vir hulle om te sien.

Vir jare het Jojo vertel van die verskil wat God in haar lewe maak, nou wys sy dit.

Wanneer ons kies om nie toe te gee aan Satan se versoeking om ons lewens deur die “eie-ek”-lens te sien nie, maar eerder ons lewens deur die lens van Christus te sien, neem ons lewens ‘n groter doel aan.

In plaas daarvan om ek-gefokus te wees, word ons bediening-gefokus.

Ons hartseer, pyn en kanker-diagnoses gaan van nutteloos tot doelgerig wanneer ons kies om terugslae te sien as geleenthede om God te eer.

Kom ons praat: Hoe het Satan jou versoek om jou lewe deur die “eie-ek”-lens te sien?

Lief vir God

As jy graag vir Jojo (Joan) wil bid, sy het onlangs ‘n blog begin by: A Sojourner’s Walk.

Week 4 Uitdaging: Soek maniere om jou fokus van “my” na “bediening” te verskuif. Hoe verander dit die manier waarop jy jou lewe beskou? Teken dit aan in jou joernaal en deel dit in jou groep of met vriende.

Week 4 Leesplan

Week 4 Memoriseervers

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Verwante Bybelstudie

KRY BLOG-UPDATES

Mees onlangse